Trekkers binne en trekkers buite die laer

laer
Deel op

laerAndries Hendrik Potgieter (1792-1852), beter bekend onder sy tweede naam, en sy geselskap van sowat 200 uit die Tarka het teen die einde van 1835 met hul trek begin. Potgieter was ‘n indrukwekkende man: 1,8 meter lank, fors gebou, gespierd, ‘n knap perderuiter, skerpsinnig, rusteloos en met ‘n aggressiewe selfstandigheidsdrang. Lid van sy trek was sy vader van 70 jaar, wat sowat 106 jaar sou word en sy seun sou oorleef.

NUUT!

Toe die trek in Februarie 1836 by die Grootrivier kom, het dit weens die swaar somerreëns kant en wal geloop. Met behulp van vlotte is die trekkers by Winterhoekdrif naby die huidige Bethulie deur die rivier, net onderkant die samevloeiing van die Oranje en Caledon. Dit was by dié geleentheid dat die vroue Gesang 20 vers 9 gesing het: “Komt! treên wij dan gemoedigd voort, / In vast vertrouwen op Zijn woord; / Hoe moeilijk ons de weg ook schijn’, /het eind zal zeker zalig zijn.”

Noord van die Oranje het ‘n paar gesinne van Colesberg by hulle aangesluit, onder andere Sarel Arnoldus Cilliers, en ‘n paar gesinne Kruger. In die gesin van die 35-jarige Casper Kruger was sy elfjarige seun Paul, wat wêreldberoemd sou word as president van Transvaal. Die sterk godsdienstige Cilliers het godsdiensoefeninge en Sondae eredienste gelei.

Spoedig het die trekkers die Vetrivier bereik. Potgieter het die gebied tussen die Vet en die Vaal by Makwana, kaptein van ‘n Barolongstammetjie, geruil vir 49 beeste en beskerming teen die gevreesde Mzilikazi, koning van die Matebele. Dié was ‘n aanvoerder van Shaka wat teen hom in opstand gekom, uitgewyk het na die Hoëveld en later die Sothosprekende stamme in Wes-Transvaal onderwerp het. Sy vestings was Kapain aan die Maricorivier en Mosega suid daarvan. In Mei 1836 is Potgieter na die Soutpansberg. Terwyl hy weg was, het sy volgelinge, wat almal weiding nodig gehad het vir hulle vee, hulle onbesorg versprei oor die grasvlaktes en selfs die Vaalrivier oorgesteek.

Hoe nader die trekkers aan die Matebele gekom het, hoe meer vasbeslote was Mzilikazi om met hulle af te reken. Ongeveer 24 Augustus 1836 het die Matebele ‘n groep jagters uit die Kolonie oorval en almal vermoor, op ene Stephanus Erasmus na. Hy het weggekom en die familie Liebenberg, ook noord van die Vaal, gaan waarsku.

Die groep was sonder laer, en toe Erasmus in die nag opdaag, het die Liebenbergs sy waarskuwing geïgnoreer. Erasmus, desperaat en tot trane beledig omdat hulle nie wou luister nie, het verder gejaag en die mense suid van die rivier gaan waarsku.

Hy was voor dagbreek by die waens van Hermanus Steyn en Johannes Botha, wat dadelik hul waens in ‘n halfsirkel bymekaar getrek het, aan twee kante beskerm deur die kronkels van die Vaalrivier. Die perde en vee is in die ruim laer ingejaag.

Die 17-jarige Dolf Bronkhorst het aangebied om nog ‘n keer na die Liebenbergs te gaan, maar is nooit weer gesien nie. Van die Liebenbergs is 53 vermoor; die Matebele het net ‘n paar vroue en kinders misgekyk. Die ander groep het hulle die heel dag verdedig. Een is gedood, maar ook honderde Matebele. Die waarde van ‘n laer is weer bewys.

casino online gameФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.