Matriek – of nie?

Die amptelike slaagsyfer vir 2010 se matrieks, ook van die verskillende provinsies, word later vandag bekend gemaak.

Met dit wat reeds bekend is, is dit egter duidelik dat Suid-Afrika nog ‘n lang trek het om ‘n aanvaarbare slaagsyfer te bereik, sonder om die standaard verder te rysmier. Soos sake nou staan, is daar reeds aanduidings dat ‘n matriek in die hand nie veel om die lyf bied om werk te kry nie, hoewel die skaarsheid aan werk ook ’n rol speel.

Terwyl sowat ‘n kwart van die leerders nie die pyp rook nie, is daar ‘n groep wat tien of meer onderskeidings inryg. Dit het duidelik baie met kwaliteitonderrig te make, en met die betrokke skole se ingesteldheid teenoor onderrig – in die besonder gehalte-onderrig.

Wanneer na Suid-Afrika se per capita-uitleg per leerder gekyk word, en dit met ander lande suid van die Sahara vergelyk word, sou verwag word dat Suid-Afrika kop en skouers sou uitstaan. Die hartseer werklikheid is dat verskeie lande suid van die Sahara Suid-Afrika op die onderwysterrein uitpresteer. Universiteitsdosente vertel graag hoe ‘n plesier dit is om met studente te werk wat hul skoolloopbaan in Zimbabwe voltooi het omdat dié leerders se peil veel hoër is.

Terwyl dit verblydend is dat die onderwysstaking ná die groot sokker skynbaar nie ‘n te negatiewe impak op die slaagsyfer gehad het nie, is dit terselfdertyd ‘n veertjie in die hoed vir leerders wat deur selfstudie die pyp kon rook, en ‘n klad op baie onderwysers se naam dat hul afwesigheid uit die klasse nie ‘n besondere duik gemaak het nie.

Verskeie verskonings sal weer opgedis word. Dit is interessant dat die Sowetan onlangs in ‘n hoofartikel Afrikaners ‘n veertjie in die hoed gegee het vir die sukses wat moedertaalonderrig bied. Terselfdertyd is swart ouers gestriem omdat hulle so op Engelse onderrig vir hul kinders aandring, en pogings geloof om van Zoeloe ‘n taal van hoër onderrig te maak. Swart ouers wat spog omdat hul kinders glo nie met ander swart maatjies kan speel nie omdat hul kinders net Engels verstaan, is gewiks. Ongelukkig moes die Sowetan in die artikel ook krities wees op Afrikaner-ouers se aandrang op moedertaalonderrig omdat die politieke motiewe daarvan onder verdenking staan.

Vir baie is matriek nie die einde van die studiepad nie, wat beteken dat universiteite wat oor die gehalte van hul onderrig waak, weer baie geld en energie in oorbruggingskursusse en ander maatreëls moet belê om die opneem van leerders met effense matrieks suksesvol te kan absorbeer. Geluk aan die matrieks wat presteer het, tesame met die hele ondersteuningsnetwerk – van ma wat noodgedwonge weer saam matriek geskryf het tot die toegewyde leerkragte.

Ses van die bestes vir die loodswaaier-leerkragte wat ongelukkig gereeld die nuus vir die verkeerde redes haal soos dronkenskap aan diens, gereelde afwesigheid en dan, soos verwag kan word, ‘n hoë druipsyfer onder hul leerders. Agtien skole in die land het ‘n 100%-druipsyfer aangeteken, teenoor meer as 500 met ‘n 100%-slaagsyfer.

air flow чисткаданильченко юрій броніславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.