Angie Motshekga gee haarself ‘n onderskeiding

Angie Motshekga
Deel op

Angie MotshekgaDie korpulente minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, geklee in ‘n styf spannende wit pakkie, het haarself op die skouer geklop oor vanjaar se matriekuitslae. Op ‘n vraag deur ‘n joernalis van etv oor die punt wat sy aan haarself sou toeken, het Motshekga met ‘n breë glimlag geantwoord: “’n A plus!”

Tydens die aankondiging van die matriekslaagsyfer, het Motshekga egter haarself weerspreek en gesê dat die slaagsyfer “six point seven” is, in plaas van 67,8%.

Die verbasende toename in die slaagsyfer van 7,2% vergeleke met verlede jaar, het geskied in ‘n jaar waartydens leerlinge ‘n wintervakansie van ses weke geniet het weens die wêreldsokkerbeker en ‘n uitgerekte staking van onderwysers plaasgevind het.

Volgens Motshekga het die onderwyserstaking “geen invloed gehad nie, behalwe dat dit ons die 70%-merk gekos het”. Volgens haar sou die slaagsyfer sonder die staking met 10% gestyg het.

Op ‘n vraag of sy aanstaande jaar nóg hoër mik met die slaagsyfer, het Motshekga geantwoord dat sy vir “72% mik”. Daar word verbeterings vir 2011 oor ‘n wye front beplan en “ICT’s” (sy het nie verduidelik wat dié afkorting beteken nie) sal “gaandeweg ingefaseer word”.

Motshekga meen ook dat “die privaatsektor en baie professionele mense na die partytjie gekom het… As ‘n provinsie het Gauteng baie hard gewerk.” Die provinsie Gauteng het met 78,6% die hoogste slaagsyfer van alle provinsies behaal, hoër as die Wes-Kaap.

Gille van blydskap het by verskeie hoërskole in Soweto losgebars toe die uitslae vanmôre beskikbaar gestel is.

Leerlinge aan Afrikaanse skole in Gauteng, veral in Pretoria, het rekordgetalle onderskeidings behaal met sommige wat tot elf onderskeidings aangeteken het.

кукольный домик купитьАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.