Swart polisieman vas ná verkragting van tiener

Deel op

‘n 45-jarige swart sersant is in hegtenis geneem omdat hy na bewering ‘n 15-jarige meisie in Senwamokgope naby Modjadjiskloof in Limpopo verkrag het.

Die beampte is ‘n hofordonnans by die Sekgosese-landdroshof, het kolonel Motlafela Mojapelo gesê.

Hy het na bewering die meisie by haar huis in Rotterdam in Hlanganani, buite Giyani, op 28 Desember gaan haal en het haar na Senwamokgope-polisie-enkelkwartiere geneem waar sy verkrag is.

Die saak is deur haar ouers by die polisie aangemeld nadat haar “vreemde gedrag” hulle opgeval het.

Die beampte is Maandag in hegtenis geneem.

Die Provinsiale Kommissaris Amon Mashigo het gesê hy veroordeel die beweerde gedrag van die sersant ten sterkste en gesê hy sal dienooreenkomstig hanteer word.

Na verwagting sal die beampte vandag in Sekgosese-landdroshof verskyn.

уличный светильник натопкарго кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.