Sal ons ooit weer vry wees?

Die Afrikaner as volk staan die afgelope 16 jaar onder vreemde juk in sy eie vaderland.

Baie Afrikaners aanvaar dit as ‘onomkeerbaar’ om die gewraakte uitdrukking van ‘n voormalige president van Suid-Afrika, mnr F W de Klerk te gebruik, en het hulle reeds ‘deel’ geword van die Nuwe Suid-Afrika (NSA) met sy veelrassige sport, hoë vlakke van geweldadige misdaad asook korrupsie en vergrype van ‘n onbeholpe owerheid.

Daar is egter ‘n al groter wordende groep Afrikaners wat nie hierdie toestand kan of wil aanvaar nie en smag na vryheid in ‘n eie vaderland.

Voortrekkers

Net soos die Afrikaners in die sewentiende eeu in verset gekom het teen die Engelse wat die Kaap geannekseer het en hulle taal en wil op ons af geforseer het, is daar vandag ook Afrikaners wat hierdie Swart diaboliese juk van hulle wil afgooi.

Maar net soos in 1836 met die Groot Trek verskil dié Afrikaners oor die pad na vryheid. U sal onthou dat Hendrik Potgieter en sy trekgeselskap hulle vryheid in Transvaal kom soek het om so vêr as moontlik van die Engelse weg te kom terwyl Piet Retief en sy mense Natal gekies het om verseker te wees van ‘n hawe en ‘n handelsroete na die wêreld.

By nabetragting skyn dié verdeeldheid nie as verswakking van die einddoel nie, maar as versterking, want daardeur het hulle die hele land mak gemaak.

Derhalwe moet die verdeeldheid onder Afrikaners/Boere vandag eintlik gesien word as ons sterk punt en ‘n teken van ‘n veelheid van leierskap. Dit maak my opgewonde vir die toekoms.

Die pad na vryheid

Dit is ‘n uitgemaakte saak dat as die Afrikaner werklik vry wil wees, sal dit net wees wanneer hy homself regeer in sy eie grondgebied wat hy fisies kan verdedig en waar hy sy eie werk kan doen en waar Afrikaans die amptelike taal sal wees.

Om te verseker dat Afrikaans as taal soos ons dit vandag ken, bly voortbestaan, is ‘n onafhanklike grondgebied geskei van die NSA ononderhandelbaar. Daarom moet ons ook ooreenkom dat Afrikaans die enigste amptelike taal daar sal wees en derhalwe die beskerming van ‘n Afrikanerowerheid sal geniet.

Wat ons verder moet besef, is dat die pad na vryheid vir die Afrikaner ‘n lang en opdraande pad is wat baie eise en offers sal vra; dat ons soms vinnig moet beweeg en soms stadig.

Want net soos sommige Afrikaners destyds nie net hulle goed op ‘n wa kon laai en die binneland intrek nie, is daar ook vandag goeie Afrikaners wat nie sommer hulle wortels hier kan lig en elders met hulle lewe kan voortgaan nie. Hulle eiendom is hier; familie is hier en werk is hier.

Hiervoor het ons ‘n dubbelloopstrategie nodig – en baie geduld en verdraagsaamheid met mekaar.

Die een been van die strategie sal wees om groeipunte te skep soortgelyk aan Orania in die Kaap en Kleinfontein (Pretoria-Oos) waar die Afrikaner homself kan vestig met die doel om ‘n meerderheid in daardie gebied te vorm en uiteindelik af te skei van die NSA. Daar is mense wat sal kla dat ons net een grondgebied moet hê, maar ek is van mening dat ons meer moet beweeg in die rigting van ‘n federasie van Afrikanerstate wat uiteindelik gekonsolideer kan word.

Die ander been behels dat die Afrikaner in terme van minderheidsregte waarvoor hy by uitstek kwalifiseer moet agiteer om in die NSA sy eie huishoudelike sake soos onderwys, welsyn, kultuurerfenis ens self te beheer. Dit beteken dat die Afrikaner een of ander verkose gesagsliggaam sal aanwys wat hierdie aspirasies sal kan verwoord, dit promoveer en net soos daar erkenning gegee word aan tradisionele (swart) leiers vandag, erkenning van die NSA owerheid af te dwing vir die bestaan van Afrikanervolk/Boervolk en sy eise.

Derhalwe is die Volksraad Verkiesingkommissie (VVK) ‘n belangrike stap in dié rigting en moet elke reggeaarde Afrikaner/Boer registreer om deel te neem aan die verkiesing van ‘n Afrikaner Volksraad volgende jaar.

Onderwys

Terselfdertyd moet ons ons beywer vir ‘n Onafhanklike Onderwysowerheid vir die Afrikaner sodat ons weer in beheer kan kom van ons eie onderwys en die opvoeding van ons kinders. Sodat ons weer self die standaard, inhoud, leer en assesseringmetode en taal van onderrig in die Afrikaner openbare skole kan bepaal.

Die vryheid van die Afrikaner loop deur die klaskamer van ons kinders en kleinkinders en word elke ouer en grootouer opgeroep om deel te word van hierdie vryheidstryd. Dit is van die verlore ‘grondgebied’ wat ons moet terugwen. Indien ons hier ‘n oorwinning kan behaal, sal daar nuwe moontlikhede ontstaan. Die Afrikaner sal weer sy selfrespek herwin en nuwe moed skep vir die stryd wat voorlê.

Dit is hiermee waarmee die Afrikaner Onderwysdirektoraat (AOD) en waarvan die GHA deel is, hom beywer. Derhalwe het die GHA ‘n inligtingsboekie die lig laat sien met die titel: AFRIKANER se eis vir ‘n onafhanklike ONDERWYSOWERHEID en word volksgenote aangemoedig om hierdie boekie in die hande te kry en te bestudeer.

Selfs wanneer die Afrikaner eendag sy vryheid in sy eie grondgebied gaan kry, sal ons besef dat ons nie die Afrikaners wat in die NSA agterbly vir die wolwe kan gooi nie. Daarom te meer is die verkryging van beheer oor Afrikanersake ook van uiterste belang.

Hiermee wil ek aan elke leser ‘n geseënde Christusfees toewens en vertrou dat u met nuwe geloof en krag die nuwe jaar sal ingaan en met nuwe ywer die stryd vir Afrikaans en vir vryheid sal voortsit.

стенды развал-схождения

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.