Die Dewani-huurmoord en SA wetteloosheid

Deel op

Ons gaan nav die on-verrassende onthulling in die Kaapse hof dat die Dewani-moord glo ‘n sluipmoord was, onafwendbaar onderwerp word aan die propaganda dat die Dewani-moord nie die gewone, neerdrukkende, wydverspreide, endemiese, lukrake SA-moord en doodslag was nie, maar eerder ‘n huurmoord.

 Veral regeringsgesinde media, die regering self en ander volksmoord-ontkenners is gewaarborg om te sê: “We told you so!” Die strekking van die propaganda gaan wees dat dit juis nie SA se endemiese misdaad was nie, maar eerder ‘n burger van ‘n Westerse land (let egter op dat meneer Dewani self allermins ‘n Westerling is) wat hier kom moeilikheid maak het. Implikasie: Misdaad is nie regtig so erg in SA nie.

Die teendeel is egter waar. Die beplande aard van die moord, en die klaarblyklike gemak waarmee dit gereël is, maak dinge eintlik erger en selfs meer verdoemend as wat ‘n lukrake aanval sou wees. Die slagoffer, mev Dewani, was glo Sweeds. Snaaks, maar ek het nie gedink regte Swede is Hindoes nie, of dat Swede se nasionale disse dikwels kerrie insluit nie, maar hoe dit ook al sy.

Sou meneer Dewani op Arlanda Internasionaal kon land, die eerste die beste inheemse Sweedse taxi-bestuurder wat sy oog vang kon naderklap, en hom oortuig om mev Dewani om die lewe te bring vir ‘n skamele 1500 euro’s? Ek was nog nooit in Swede nie, maar ek sou uiters verbaas wees as die antwoord ja was. Ek vermoed dat, sou Dewani so ‘n ding in Stockholm probeer het, hy onmiddellik met die gereg te make sou kry.

Daar was dus ‘n rede waarom meneer Dewani Suid-Afrika eerder as Swede gekies het. Daar was ‘n rede vir sy profilering en keuse van ‘n moordenaar en waarom meneer Dewani nie ‘n blanke tannie van 70 by die lughawe vir die taak genader het nie. Daar moet ‘n ander rede as werkloosheid en armoede wees vir SA se endemiese geweldsmisdaad. Die persoon wat aan die hand van sy eie skulderkentenis skuldig bevind is aan die huurmoord, Zola Tongo, was immers nie werkloos nie. Hy het ‘n werk as ‘n taxi-bestuurder gehad. Vergeleke met die vele plakkers langs die N2-snelweg in die Kaap, was hy dus ‘n middelklas-burger.

Tongo het geen vorige veroordelings nie, geen geskiedenis van botsings met die gereg nie, maar nietemin is ‘n lewe só min vir hom werd dat hy klaarblyklik sonder om te blik of te bloos ingestem het tot ‘n gruweldaad die oomblik toe ‘n wildvreemde persoon hom daaroor genader het. Dus word ek gedwing om weer eens die tipiese Suid-Afrikaanse verskoning vir alles wat skeefloop, op te haal: Dit was, ja, natuurlik, apartheid se skuld. Sou ek nie so maak nie, en dit durf waag om die ding op die naam te noem, sal ek ook, soos Steve Hofmeyr, veroordeel word uit alle oorde.

люстры интернетtopcargo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.