Die ondergang van ‘n eens trotse vloot

Die ondergang van Suid Afrika se infrastruktuur is steeds besig om mens se verstand te bowe te gaan. En nou praat ek nie van net paaie, water en elektrisiteitsnetwerke nie. Die ANC kry dit reg om alles wat die blankes opgebou het tot sierade vir ‘n klein landjie aan die suidpunt van die Welsynskontinent, wat gebuk gegaan het onder sekerlik die mees volledige internasionale sanksieveldtog in die geskiedenis, stadig maar seker te laat verkrummel tot roes, stof en geraamtes.

Van die eens magtige SAW het daar nou net ‘n ongeorganiseerde, ongedissplineerde VIGS-bataljon oorgebly, wat so ‘n paar jaar gelede deur een van die swakste weermagte in die wêreld, Lesotho, nerwe af geskiet is. Volgens ‘n berig nou die dag in Beeld, daag baie soldate op vir werk om 8-uur in die oggend, net om weer 9-uur huistoe te gaan. Ek merk op dat as jy deesdae ‘n weermagvoertuig iewers sien ry, dit opmerklik is in watter swak toestand daardie voertuie is. Ry jy verby enige weermagbasis, kan jy sien dat hulle nie eers die trots in hulle het om die tuine en geboue te versorg nie. Alles is in verval.

Onlangs het ek met ‘n oudsammajoor gepraat wat sy ontslag aangevra het. Hy sê as hulle durf waag om ‘n troep of laer rang aan te spreek oor dissipline of wanprestasie, is hulle skuldig aan viktimisering, of word ‘n klag van rassisme teen hulle gelê. Troepe het geen respek vir offisiere of onder-offisiere nie, en beroep hulle in elke saak op hulle unies.

Die grootste skok van alles is dat die veel besproke wapentransaksie, waaraan die ANC miljarde rande bestee het vir die aankope van vliegtuie, skepe en korrupsie, alles verniet was. Wat die lugmag betref, is daar nie geld om daardie peperduur vliegtuie te laat vlieg nie, en daar is ‘n totale gebrek aan ordentlike opleiding van vlieëniers. Die swart kandidate wat wel die keuring slaag, kan nie hulle eksamens deurkom nie, en dus staan die vliegtuie nou maar in die lootse, en vlieg net so af en toe as daar ‘n wit vlieënier opgeroep word om te kom help. Onderhoud is min of meer afgeskaf as gevolg van ‘n gebrek aan geld en kundigheid.

Net gister, ontvang ek per e-pos ‘n artikel, geskryf deur Stephen Goodson, oor die toestand van ons eens trotse vloot. Dit is in Engels, dus gaan ek maar vertel wat dit sê, en nie probeer vertaal nie. Die volgende punte staan uit:

  • Met die wapentransaksie is ‘n tender vir vier korvette en drie klas-209-duikbote uitgesit. ‘n Spaanse vervaardiger het ‘n tender ingesit vir minder as R 6 miljard, vir meer korvette, maar die Duitse firma, Blohm und Voss, het die kontrak gekry vir meer as R 6 miljard, om voorsiening te maak vir die omkoopgeld van ministers en hulle lakeie.

  • Die volgende jaar het die Vloot sy regstellende-aksiebeleid in werking gestel, en is daar van 384 hoogsopgeleide blankes ontslae geraak, waarvan sommige meer as 20 jaar diens en ondervinding gehad het. Dit is so skielik gedoen dat weinig kennis en vaardighede aan die nuwe swart personeel oorgedra kon word. Die nuwe personeel is toe na Kiel in Duitsland gestuur vir opleiding op spesifiek die duikbote. Die Duitsers wou die nuwe personeel nie sertifiseer nie, omdat bevind is dat hulle nie die kapasiteit kon ontwikkel om die duikbote onderwater aan te wend nie. Toe word die personeel na Indië gestuur, omdat die ANC gehoop het dat ‘n ontwikkelende land meer toegeeflik sal wees. Uiteindelik wou ook die Indiese vloot nie die Suid-Afrikaanse personeel sertifiseer nie, dus het SA drie duikbote wat nie mag duik nie.

  • Nege maande gelede het ‘n swart tegnikus een van die duikbote opgekoppel aan ‘n elektrisiteitstoevoer van 440 volt, terwyl die bote vir 110 volt bedraad is. Dit het al die elektroniese toerusting, rekenaars en bedrading uitgebrand en die boot totaal onbruikbaar gemaak. As gevolg van ‘n gebrek aan geld, is daar nog steeds nie besluit om die boot na Duitsland te sleep vir herstelwerk, of om die Duitsers hierheen te vlieg om die boot reg te maak nie. Volgens Goodson sal dit beter wees om die romp maar te los, aangesien die boot in elk geval nooit sal duik nie.

  • As gevolg van ‘n gebrek aan onderhoud, is geen van die vloot se skepe seegereed nie. Die enigste onderhoud wat gedoen word, is op die elektrisiteitstoevoer na die kwartiere, sodat die offisiere darem lekker kan slaap en eet.

  • In November 2009 het die Amerikaanse vloot die SA vloot genooi om gesamentlike maneuvers te doen, sonder ammunisie. Dit het net ‘n vaart ingesluit. Om deel te kon neem, moes die vloot ‘n groot aantal reserwemagoffisiere en -tegnici oproep, wat natuurlik blank was. Ná die oefening, het die Amerikaners ‘n register van die reserwemaglede opgestel, om hulle te gebruik indien hulle die SA vloot sou nodig kry.

  • Die moreell en dissipline in die SA vloot is baie laag, en die enkele wit offisiere wat nog oor is, is gedurig op stresverlof.

  • Die hoof van die vloot, viseadmiraal J Mudimu, is ‘n oud-MK-lid, met geen vlootkwalifikasies nie. Hy het nie eens ‘n kleinbootkursus in sy lewe voltooi nie.

  • Die amptelike webblad van die vloot is lanklaas bygewerk, en gee verskeie skakels na leë blaaie waarop niks verskyn nie. Volgens die webblad is die missie van die vloot “om te kan veg en wen ter see. Dus, met skepe wat nie seegereed is nie, en bemanning wat nie oor die opleiding beskik nie, is dit seker die see van vergange?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.