‘n Kersboodskap aan Afrikaners

Deel op

Ek deel graag my siening oor die Godheid met my mede- Afrikaners, sodat hulle ‘n religieuse inhoud aan vanjaar se Kersvierings kan gee.

Dit het deesdae mode geword om prontuit te erken dat jy homoseksueel is, of dat jy nie aan God glo nie. In so ‘n mate dat ‘n waardeoordeel oor ‘n mens se intelligensie of volwassenheid daarvan afgelei word.

Die anti-Godmense redeneer dikwels vanuit ‘n pseudo-wetenskaplike invalshoek dat daar eenvoudig nie ‘n God kan bestaan nie. Hul strikvraag, gebaseer op die begrip van heersende fisiese dimensionele begrippe, lui so:

“Is jou God binne of buite die heelal?”

Daardeur wil hulle beweer dat as Hy buite die heelal staan, al die wetenskaplike definisies en uitlegte van die heelal dus foutief is. Ja, selfs die naam “heelal”. As Hy binne die heelal bestaan, dan kon Hy nie die heelal geskape het nie.

Dan word die begrip van ‘n Drie-enige God ook by die venster uitgegooi, dws, die Heilige Gees en Jesus van Nasaret ook.

Maar hierdie simplistiese benadering oor ‘n God doen die mensdom ontsaglike skade en ondermyn die Westerse wêreld se waardestelsels, wat op die leerstellings van Jesus gebaseer is.

Daar is genoeg bewyse dat Jesus wel geleef het. Ons vier sy geboortedag elke Kersfees. Daar hoef dus geen ander sogenaamde wetenskaplike bewyse vir sy bestaan en leerstellinge gesoek te word nie. Trouens, die ganse Westerse beskawing is in die Christendom gewortel.

Stellings soos “…mense wat nog in Kersvader en Liewe Jesus glo, is intellektueel vertraag,” om ‘n bekende Beeld-skryfster verlede jaar aan te haal, is óf oningelig óf bloot kwaadwillig.

Hiermee wil ek beweer dat as dit nie vir jou moontlik is om God soos ‘n kind te aanvaar nie, dat jy die hele begrip daarvan verwerp, is dit jou eie saak. Dit is mos immers wat godsdiensvryheid beteken.

Maar wanneer jy aan die vesel van die Westerse beskawing begin torring, deur Jesus Christus daarmee saam te verwerp, dan het jy ‘n gevaar vir die hele gemeenskap geword.

Die begrip Christelike onderwys en Christelike beginsels, of die pad wat Hy uitgewys het waardeur mens jou saligheid kan verwerf, was nog altyd die hoeksteen van ons volk se etiese kode.

Die grondslag van ons waardestelsel kan uit die boek van Mattheus afgelei word, en ek som dit hieronder op met verwysing na ‘n vriend in die VSA:

  • Wees nederig in jou verhouding met jou medemens.

  • Kom al jou pligte getrou na.

  • Moenie wankel nie, maar staan vas in die geloof.

  • Straal integriteit uit.

  • Wees lojaal en getrou aan jou kollegas en vriende.

  • Bestuur jou sake volgens hierdie waardes.

  • Wees beskikbaar en standvastig teenoor ander.

  • Hou jou finansiële sake in orde.

  • Moenie vatbaar wees vir enige vorm van omkopery of bedrog nie.

  • Spandeer jou tyd en geld aan goeie dinge.

  • Verwag om altyd aan iemand verslag te doen.

  • Aanvaar verantwoordelikheid vir jou woorde en dade.

  • Slegs produktiewe en verantwoordelike optrede word beloon.

  • Wees waardig, paraat, pro-aktief en reageer positief.

  • Wees ingestel op verpligtings en konflikte.

  • Wees ernstig, maar opgeruimd daarby.

  • Toon begrip vir die onderwerp wat behandel word.

  • Soek raad, ondersteuning en toeligting.

  • Toon empatie, teerheid en besorgdheid teenoor jou medemens.

  • Lei deur jou voorbeeld en dien jou medewerkers.

  • Wees gefokus en oplettend.

  • Kom die ooreengekome plan getrou na.

  • Wees ingelig, geoefen en toegerus voordat jy uitvoering gee.

  • Prestasie word verlang, beloning volg vanself.

  • Wees vrygewig en verwag dat ander dieselfde sal doen.

  • Toon respek aan jou medemens.

  • Wees bedag op botsende agendas.

  • Wees bereid om alleen te staan vir ondersteuning en aanmoediging aan ander.

  • Bly realisties en voorspel en aanvaar die gevolge daarvan.

  • Doen wat reg en nodig is, liewer as om wetlike voorskrifte na te jaag.

  • Verwag dat wat jy saai sal jy maai.

  • Wees altyd gereed vir ondersoek en kritiese hersiening.

  • Moenie tou opgooi nie, maar volhard in wat jy doen.

  • Versoening is ‘n werklikheid, verfyn dus die besonderhede en die proses daarvoor.

Hierdie lysie vorm die grootste deel van Afrikaners se praktiese waardestelsel en is afgelei vanuit die nuwe testament. Toe Afrikaners uit hul gesagsposissies op eerste-, tweede- en derdevlakregerings, asook in sakeondernemings geboender is, het die waardestelsel ongelukkig ook daarmee verdwyn en is dit met Afrika se waardestelsel vervang.

Hierdie punt is seker gans te subtiel vir vandag se heersersklas, wat hule eie optrede, uitsprake, korrupte dade en uitspattigheid volgens hul eie vreemde stelsel beoordeel.

Maar, deur getrou te bly aan Jesus se leerstellings en om hom as Saligmaker te aanvaar, hoef jy jou nie te bekommer of daar ‘n God bestaan of nie.

Wees dan net getrou aan die hoeksteen van jou beskawing soos deur die Skrif uitgespel word.

Daarmee kan u Kersdag met ‘n lied in die hart vier met die wete dat u lewe meehelp om ‘n beter plak van planeet aarde te maak.

play real lifeДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.