Kom ons begin die pad na vryheid

Ek lei af uit die kommentare en bydraes van lesers op Praag, dat dit tyd geword het om die pad te begin stap, om die Afrikaner en blanke in die algemeen se vryheid te herwin. Laat ons reguit en eerlik wees met mekaar, dat hierdie pad nie maklik gaan wees nie, en dat ons baie hindernisse sal moet oorkom. Dit gaan opoffering en toewyding vra, en “ghoene” so groot soos strandballe.

Maar die vraag wat ek myself vra, is: Hoe lank moet ons nog sit en praat, en kla en kerm? Dit kan nie so aangaan nie, en een of ander tyd moet ons net eenvoudig begin doen. Die tyd daarvoor is nou, en ek rig hierdie skrywe aan die agbare lesers om bekend te maak dat Praag ‘n plan aanvaar het, waardeur ons die Afrikaner weer wil vry maak. Daar is ongelukkig nie kitsoplossings nie, en ook is daar nie oplossings wat maar net uit die lug gaan val nie.

Ons wil die blankes in hierdie land eerstens weer ekonomies mobiliseer, sodat hulle beheer oor hulle eie finansies kan terugkry, en deur die insameling van geld, daardie fondse aanwend om vir ons ons eie veilige biosfeer of lewensruimte te bekom.

Eerstens moet ons die vraag vra: Wat beteken die begrip vryheid? Ons kan hier in ‘n ellelange filosofiese debat vasgevang raak oor die begrip vryheid en die verskillende vorme daarvan, maar vir die doeleindes van hierdie debat wil ek vasstaan by praktiese vryheid vir ‘n volk. Daardie faktore wat bepaal of ‘n volk vry is, of nie. Hier gaan ek bly by die nasionalistiese begrip van vryheid, eerder as die liberale konsep van vryheid. Die Concise Oxford Dictionary se definisie van vryheid, punt 4, beskryf dit as: “the power of self-determination attributed to the will; the quality of being independentof fate or necessity”. Dit is nodig dat ons hierdie definisie ontleed.

  • Duidelik is die eerste aanduiding dat vryheid beteken om “self-determination to the will” te ervaar, jy oor jou eie omstandighede kan besluit, in terme van jou eie wil. Ons blankes se “will” verskil van die swartmense se wil, en omdat hulle “demokraties” die meerderheidstem het, moet ons altyd konformeer tot hulle wil. Vir ons is dit nie vryheid nie.
  • In “the quality of being independent of fate or necessity”, is dit ook duidelik dat ons as blankes se “fate” of dan lotsbestemming, nie onafhanklik is nie, en noodwendig afhang van die besluite wat deur die ANC-regering geneem word, of dit ons tot nadeel strek of nie. Ons moet noodwendig, ter wille van vermyding van vervolging, sodanige besluite aanvaar.

Dus, in terme van die Oxford-definisie, ervaar ons geen vryheid nie, en word ons meegesleur deur ‘n Afrka-roofkultuur wat aan ons vreemd en onaanvaarbaar is.

Die filosoof Isaiah Berlin het onderskei tussen negatiewe en positiewe vryheid. Berlin het negatiewe vryheid omskryf as daardie vryheid wat jou toelaat om alles te doen wat jy wil, tot nadeel van ander, en dit is die tipe vryheid wat die ANC-regering toelaat om teen blankes, en veral Afrikaners en ons kultuur te diskrimineer en tot ons nadeel besluite te neem en wetgewing te maak. Hy skryf verder dat waar gemeenskappe saambly, ‘n vorm van kompromie benodig word om te voorkom dat negatiewe vryheid in ‘n tipe lisensie verander word om te doen wat jy wil. Ons as blankes, het geen toegang om te probeer kompromieë aangaan nie, omdat ons effektief uit enige besluitnemingsproses uitgesluit is.

Volgens Berlin is dit geregverdig dat iemand wat negatiewe vryheid ervaar, optree om dit te verander in positiewe vryheid, wat omskryf word as vryheid om sekere doelwitte te bereik. Met ander woorde, ‘n tipe van magtiging vir individue of groepe om hulle eie potensiaal, doelwitte en ‘n staat van persoonlike outonomiteit en selfbeskikking te bereik. En dit is wat ons onsself ten doel gestel het – outonome selfbeskikking in ‘n soewereine onafhanklike staat.

Ons moet aanvaar dat daar baie Afrikaners is wat nie in hierdie ideaal glo nie, en dit nie nodig ag om hierdie swaar pad te begin loop nie. Hulle dink, solank hulle nog kan kom en gaan soos hulle wil, en darem nog ‘n werk het, is hulle vry, ongeag die feit dat:

  • Ons kinders gedwing word om ondeurdagte sub-standaardonderwys te ontvang,

  • Gesondheidsdienste in die land van die swakste in die ontwikkelende wêreld is,

  • Infrastruktuur in haas elke munisipsaliteit in die land in duie stort,

  • Dat ons taal en kultuur so stukkie-stukkie vernietig word,

  • Dat ons van die hoogste belasting in die wêreld betaal, waarvan ‘n geraamde 30% + in die sakke van die ANC vetkatte en hulle vriende beland,

  • Dat daar blatant in terme van die grondwet teen blankes gediskrimineer word met regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging,

  • Dat die staat nie sy deel tot die sosiale kontrak, waarvoor ons belasting betaal, nakom deur ons van misdaad, korrupsie en swak dienslewering te vrywaar nie,

  • Dat die belastingbetaler elke keer meer geld moet opdok om vir die ANC-regering se swak bestuur te betaal, soos in die geval van Eskom en nou, die voorgenome nasionale gesondheidskema, en

  • Dat daar al hoe meer ‘n verskuiwing in beleid na ‘n sosialistiese staat in die ANC is, en myne en landbougrond in gevaar staan om genasionaliseer te word.

So kan mens aangaan en ‘n boeklange lys opstel, wat al ad nauseum op hierdie forum beskryf en bespreek is. Mens moet jouself die vraag afvra; Wat moet nog verkeerd gaan, voordat gewone intelligente mense besef dat ons die einde van die pad bereik het en dat ons nie meer enige legitimiteit aan die ANC regering kan toeken nie? Ons het net een opsie oor, en dit is dat ons nou ons eie heil moet begin bewerkstellig.

Ten laaste oor Isaiah Berlin – hy het soos volg geskryf: “Those who have ever valued liberty for its own sake believed that to be free to choose, and not be chosen for, is an inalienable ingredient in what makes human beings human.”

Die vraag wat almal my altyd vra as die gesprek oor Afrikanervryheid gaan, is: “Maar waar gaan die geld vandaan kom, en hoe gaan ons dit regkry?” Die antwoord is eenvoudig: Ons gaan self die geld voorsien, en ons gaan self ‘n gebied koop en beset. Daar is geen ander manier nie, en ja, dit gaan nie maklik wees nie, maar ons moet begin.

In die dertiger- en veertigerjare van die twintigste eeu was die Afrikaner arm en het omtrent geen deel aan die ekonomie van die land gehad nie, maar ‘n paar sakemanne met geloof in die toekoms en groot planne het eers Federale Volkbeleggings, later Sanlam en nog later Volkskas begin, wat gegroei het tot die sakereuse wat hulle vandag is. Die feit is dat die Afrikaner in sy verarmde toestand ná die Vryheidsoorlog, die Rebellie en die Depressie van 1929 tot 32, uit hulle karrige inkomste sjielings, pennies en ponde bygedra het, tot heil van hulleself en hulle eie mense. Ons moet dit weer doen, en ons wil dit soos volg doen.

Praag gaan ‘n koöperasie stig, wat die uitsluitlike doel gaan hê om die Afrikanerkultuur en ‘n eie grondgebied te bevorder. Hierdie entiteit sal streng beheer word deur ‘n Algemene Raad en Direksie, ten volle geouditeer en finansieel deur professionele rekenmeesters geadministreer. Ons bied aan u die leser en volksgenoot die geleentheid om aandele in hierdie koöperasie te koop teen R 5 000,00 per aandeel, welke aandeel u 500 vierkante meter grond sal waarborg in ‘n gebied wat met die opbrengs gekoop sal word. Die bedrag van R 5 000,00 kan ook renteloos oor drie jaar afbetaal word, en daar sal ‘n maandelikse bestuursheffing van R 50,00 per maand teen elke aandeelhouer verhaalbaar wees. ‘n Deel van die inkomste sal gebruik word om ‘n Afrikanerbank te befonds.

Daar is reeds ‘n komitee, bestaande uit professionele ingenieurs, regsgeleerdes en ander dissiplines wat kyk na ‘n geskikte gebied(e), en sal binnekort aanbevelings in hierdie verband doen. Die plan is dan ook om so veel as moontlik van ons werklose mede-Afrikaners so gou moontlik na hierdie gebied te repatrieer, en binne ‘n eie ekonomie vir hulle werk te skep, as voorlopers vir die hervestiging van die blankes en Afrikaners. Dan Roodt en ek besoek Amerika volgende jaar, om met ‘n paar invloedryke mense te gaan gesels en ons saak in Amerika te gaan stel, en dan doen Dan natuurlik nog steeds sy deel om ons saak in Europa op die voorgrond te hou. Ons is ook reeds in gesprek met Orania en sal Kleinfontein vroeg volgende jaar besoek, om gedagtes en idees uit te ruil en by mekaar kers op te steek.

Om veiligheidsredes is dit moeilik om al die detabesonderhede van die plan bekend te maak op ‘n openbare forum, maar daar sal vroeg volgende jaar ‘n vergadering van Praaglede gehou word, waar almal ten volle ingelig sal word. Maar intussen, laat weet asseblief julle gedagtes, en gee ‘n aanduiding of julle sal aandele koop. Ons moet nou begin, nie later nie.

In 1775 het Patrick Henry tydens die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog teen Engeland die volgende gesê: “Is life so dear, or peace so sweet, as to be purchased at the price of chains and slavery? Forbid it Almighty God! I know not what course others may take; but as for me, give me liberty or give me death!”

справка 095у купить

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.