Ons haat steeds verraaiers

‘n Uitstekende boek wat hierdie jaar die lig gesien het, is Boereverraaier, geskryf deur Albert Blake. Blake is ‘n regsgeleerde van Johannesburg, wat ‘n passie vir die geskiedenis het. Hy het twee Meestersgrade van die Universiteit van Johannesburg, en het die onderwerp van verraad onder die Afrikaners tydens die Anglo-Boereoorlog vir etlike jare bestudeer. In sy navorsing het hy ook verskeie plekke besoek waar van die gebeure wat beskryf word plaasgevind het, en hy het onderhoude met van die betrokkenes se nageslag gevoer waar hulle opgespoor kon word.

Die boek is boeiend geskryf, en elke gebeurlikheid word so volledig moontlik beskryf volgens die inligting wat beskikbaar is en gevind kon word. Blake probeer deurgaans die gebeure en “regsprosedures” wat deur beide die Boere en Engelse gevolg is in aanklagte en terdoodveroordelings vir hoogverraad in verband bring met die heersende reg van die tyd, maar ook hoe dit binne die konteks van die oorlog plaasgevind het.

Hierdie boek is ‘n móét vir alle Afrikaners en belangstellendes in die geskiedenis van Suid-Afrika. Nadat ek dit begin lees het, kon ek dit beswaarlik neersit en ek dink dit het my kennis van die oorlog en die psige van die Afrikaner, spesifiek die Boere van Transvaal en die Vrystaat, veelvuldig vermeerder.

Ek onthou hoe ek kleintyd saam met my pa deur Wes-Transvaal gery het en hom uitgevra het oor die verskil in rykdom tussen verskillende boere en families. Hy het my toe vertel van die Hendsoppers en Joiners wat tydens die oorlog hulle plase kon behou en hoe hulle vee en ander bates van die strydende boere gesteel het, onder die voorwendsel dat hulle dit oppas. Vandag nog kan daardie verskil duidelik gesien word en tot en met die einde van die Verenigde Party, het die afstammelimge van daardie haatlike Joiners nog die VP ondersteun.

Die eerste geval wat in die boek beskryf word, het afgespeel in die distrik Wakkerstroom, naby Volksrust. Ek het toevallig die tweespalt in daardie gemeenskap ervaar ‘n paar jaar gelede. Ek en my vennoot het gekyk na plase in die omgewing en die eiendomsagent neem ons toe na ‘n buurplaas van die familie wat beskryf word. Die openlike vyandigheid tussen die boere in die omgewing het duidelik geblyk uit die boer wie se plaas ons wou koop. Hy het vuur gespoeg oor die mense en het ons teen enige vriendskap met hulle gewaarsku, sou ons die plaas koop. Dus, meer as honderd jaar ná die oorlog, was die sielkundige uitwerking van die familie se verraad nog duidelik sigbaar.

Daar is egter een anomalie wat in die boek uitstaan, en dit is soos volg: Op meer as een plek maak die skrywer melding dat verraad meer betrekking gehad het op baie arm boere, wat in baie gevalle bywoners op ander se plase was. Hulle het hulle siele vir geld aan die Engelse verkoop  en so verraad teenoor hulle eie mense gepleeg.

Die boek, en my eie ondervinding, skets egter ‘n ander prentjie. Waar individue verraad gepleeg het, hou die bogenoemde standpunt bietjie meer water, maar dit was meer kere ryk families wat probeer het om hulle eie bates te beskerm wat saam veraad gepleeg het. Die meerderheid gevalle in die boek handel oor pa’s, seuns, broers en swaers, waarin jy kan sien dat dit ‘n spesifieke familie was en meestal was hulle welaf voor die oorlog. In Wes-Transvaal kon jy duidelik daardie families uitken.

So, wat is die les wat ons vandag uit hierdie duister geskiedenis van die Afrikanerboerevolk kan leer? Hoe kan ons vandag pro-aktief daarop reageer in ons eie situasie, waar ons weet dat daar vandag weer boereverraaiers is, of mense wat in die toekoms nie sal skroom om ter wille van eie gewin hulle volk te verraai nie?

Dit is ‘n feit dat ons Afrikaners uiters materialisties geword het en dit is die grootste rede vir baie Afrikaners se onbetrokkenheid by die situasie waarin die blankes hulle in hierdie land bevind. Solank mense hulle salarisse kan verdien, in ‘n mooi tronkhuis bly en elke drie tot vier jaar ‘n nuwe kar kan koop, glo hulle alles is wel en glo hulle, hulle is vry. Dit is ‘n sindroom wat duisende noop om soos volstruise te leef. Solank hulle misdaad op ‘n armlengte kan weghou, konformeer hulle in hierdie godverlate land wat deur die magesbehepte ANC tot in die grond bestuur word.

Hoeveel van daardie materialiste gaan, as die moeilikheid blom, opstaan saam met hulle volksgenote en se: Genoeg is genoeg? Hoeveel van hulle gaan soos die Hendsoppers van destyds, hulle heil by die ANC-regering inwerp?

Daar is ‘n verskil tussen mense wat vir die staat werk, omdat hulle nering is, en mense wat aktief aan die staat se beplanning en operasies deelneem waarin die blankes al hoe meer geviktimiseer en gemarginaliseer word. Die eerste groep kan verskoon word, maar die tweede groep het ‘n wanaangepaste lojaliteit en totale gebrek aan volkstrots en samehorigheid. Daar sit wit Afrikaners in die polisie, Nasionale Intelligensie en weermag, wat nie twee keer sal dink om teen hulle medevolksgenote op te tree nie. Alles onder die wanopvatting dat die staat die reg het om sy mag te misbruik.

Haas elke regse Afrikanergroep in SA is geïnfiltreer deur die intelligensiedienste van die regering. Mede-Afrikaners sit by NIA en monitor ons webblaaie, ons e-pos en telefoongesprekke; hulle skryf sonder enige gewetenswroeging verslae daaroor aan hulle swart kommunistiese base. Hulle is die huidige verraderlike Joiners.

Ons moet aanvaar, soos die Bittereinders min was, so sal ons wat bereid is om op te staan vir ons volk en duidelik ‘n boodskap wil stuur dat ons weer opstaan, min gaan wees. Die onbetrokke massas, wat idioties gelukkig in die NSA woon en werk, sal eers wakker word as hulle werklik begin swaarkry, en dan gaan ‘n groot gros nog steeds materiële welvaart bo vryheid verkies. Hulle sal passief sit en toekyk hoe ‘n handjievol, die nuwe Bittereinders, vir vryheid sal strewe, werk en onvermydelik ook veg.

Mag die Vader ons almal genadig wees as daardie keuse of oomblik kom om verraad te pleeg, vas te staan en dat ons soos Luther sal kan uitroep: “Hier stehe ich und kann nicht anders! Gott helfe mir, Amen!”

Ons moet aanvaar dat daar ‘n ernstige neiging in die Afrikaner is om sy eie mense ondergeskik aan sy eie materiële en persoonlike welvaart te stel en dat dit nie toegedig kan word aan arm mense, gewone mense of ryk mense nie. ‘n Verraaier kom uit alle vlakke van die samelewing; hy sal nie die skandaligheid van sy optrede verstaan nie.

Waar die Bittereinders besef het hulle het alles wat dierbaar en kosbaar was verloor, maar voortgeveg het vir die grootste prys – Vryheid, het daardie selfde besef andere gemotiveer om verraad te pleeg. En hier praat ons nie van “Cape Liberals’’ en vreemdelinge nie; hulle was gebore Boere.

Ons moet ‘n duidelike boodskap uitdra: As jy nie in jou volk en sy reg opVryheid glo nie, sal dit vir jou beter wees om jou van die Afrikaneboerevolk te distansieer – openlik en eerlik, sodat ons kan weet jy is nie ons broer of suster nie. Soos in die Vryheidsoorlog, gaan ons jou haat as jy ons verraai.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.