Splinternuwe Volkswagen Touareg spog met blou tegnologie!

Volkswagen Touareg
Deel op

Volkswagen TouaregDie groot nuus verlede maand was die bekendstelling van die splinternuwe Volkswagen Touareg. Nou spog die groot Volksie ook met ‘n wêreldbekende Volkswagen-gesig wat op al die nuwegenerasie- VW-produkte pryk. Skoner lyne en ‘n baie meer vriendelike gesig met sagte rondinge en nuwe ligte voor en agter. Die groot nuus egter is die nuwe enjintegnologie wat VWSA met die Touareg aan ons kom voorstel. Hulle noem dit “BlueMotion” en ja, ons het nie te lank gelede oor die “Blue Efficiency” van Mercedes berig. Wel, hierdie tegnologie is soortgelyk aan dié van Merc.

Daar is drie modelle in die Touareg-reeks, die 3,6 L V6-petrol ontwikkel 206Kw se krag en 360 Nm wringkrag. Hierdie syfers laat die intreevlak-Touareg van rus tot by 100km/u versnel in slegs 7,8 sekondes en sy asem raak eers by 228km/u op. Brandstofverbruik gee VWSA aan as 12,4 L/100km en uitlaatgasse is 248 g/km. Hierdie is dan ook die enigste petrolweergawe in die nuwe reeks. Die 3,0L V6 TDI is die enjin waaroor almal gaande is. Dit is ‘n turbodieseleenheid wat 176Kw en 550NM ontwikkel. Versnelling van rus to 100 km/u neem slegs 7,8 sekondes en die meneer sal eers op 218 km/u begin  moed opgee. Brandstofverbruik is eintlik die Volksie se troefkaart met 7,4 L/100km dit is 1,9L minder as die vorige enjin en slegs 195 g/km uitlaatgasse wat geproduseer word. Die vooros  in die nuwe Touareg-reeks is die 4,2L V8 TDI. Met 250 Kw en ‘n astronomiese 800 Nm se wringkrag is dié net die voertuig waarmee jy omtrent enige iets sou kon sleep. Sy versnel tyd van slegs 5,8 sekondes van rus tot 100km/u en ‘n baie onwettige 242km/u topspoed maak hom dan ook die vinnigste Volksie in SA, ja nie eers ‘n goed ingeloopde GTi sal kan byhou nie. Brandstofverbruik word aangegee as 9,1 l/100km 2,8 L minder as die vorige V10 TDI en die uitlaatgastelling van 239 g/km is laer as sy V6-stalmaat se syfer. VW roem hom op ‘n 25%-afname in brandstofverbruik en tot ons een van die Touaregs self getoets het sou ons nie kon sê hoe akkuraat hierdie bewerings is nie.

Wat beteken “BlueMotion” nou eintlik? Wel, dit sê maar net dat VW alles binne hulle vermoë gedoen het om die enjins meer brandstofdoeltreffend te maak. Daar is die “Stop Start”-tegnologie wat die motor outomaties afskakel wanneer daar by ‘n stopstraat of verkeerslig gestop word. Die enjin skakel dan ook binne millisekondes aan wanneer daar weggetrek word. Die ander groot tegnologie wat hier ingespan word is die hergenerasieremme wat veroorsaak dat die motor vinniger en baie meer doeltreffend rem. Nou vra jy my wat beteken dit vir die omgewing, wel dit sê maar net dat al die kinetiese energie wat voorheen verlore sou gaan nou ingespan word om die motor te rem en die elktrisiteit wat hier opgewek wordm word dan weer na die battery gestuur om op ‘n ander plek in die motor gebruik te word. Die Touareg is die enigste VW-model wat beskikbaar is met die “Blue motion”-tegnologie, maar dit sal vroeg in November ook in die VW Polo en Golf beskikbaar wees en die nuwe VW Tiguan kom in 2011 insgelyks met dié tegnologie.

Pryse vir die nuwe Touareg sluit ‘n 5-jaar/100 000km-padbystand- en onderhoudsplan in sowel as VW se gebruiklike 3 jaar/120 000km-waarborg.

VW Touareg 3,6L V6 FSI                 R562 600

VW Touareg 3,0L V6 TDI BM        R622 000

Die V8 TDI se prys was nie beskibaar nie.

для дачиФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.