Pallo Jordan het niks te s? oor Afrikaanse liedjies

Deel op

MEDIAVERKLARING DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) OP 7 FEBRUARIE 2007

Die sogenaamde minister van kuns en kultuur, wat onlangs die vermetelheid gehad het om te sê dat hy "die naam van Pretoria sal verander as hy die dag opstaan en lus het", het hom gister ongevraag oor Bok van Blerk se De la Reylied uitgelaat. Die stereotipe van die "verregse" Afrikaner is ons weereens onder die neus gevryf.

Deel op

Die Afrikaner wat van Bok van Blerk hou, is "verregs".

Die Afrikaner wat in sy geskiedenis belangstel, is "verregs".

Die Afrikaner wat Standaardafrikaans wil praat en nie wil sien dat idiotiese omroepers van die SAUK dit opmors nie, is "verregs".

Die Afrikaner wat nie weens die ongebreidelde misdaadterreur wil emigreer en sodoende sy geboortereg aan onwettige immigrante uit Afrikalande wil afstaan nie, is "verregs".

Die Afrikaner wat nie soos Adriaan Vlok wil voete was weens misdade wat hy nie gepleeg of ondersteun het nie, is "verregs".

Met ander woorde, Bok van Blerk en ons almal is "verregs" volgens ANC-definisies.

Dit is tekenend van die prehistoriese Sowjetagtige taal wat sogenaamde ANC-ministers besig wat nie eens hul eie portefeuljes waarvoor hulle aangestel is, na  behore kan hanteer nie (hetsy Veiligheid, hetsy Kultuur) dat die fundamentele onverdraagsaamheid, chauvinisme en rassisme van hul uitsprake altyd in die retoriek van "anti-fascisme" en "anti-verregs" ingeklee word. Presies soos in die ou Oosbloklande. Hallo Stalin, hallo Bresjnef, hallo Erich Hoenecker, hallo Pallo Jordan.

Namens alle regdenkende Afrikaners wat nog nie deur die eenpartystaat se skoothondjiemedia gebreinspoel is nie, verwerp ons Jordan se uitspraak totaal.

Die minister het geen belang by Afrikaans, behalwe om dit aktief te onderdruk soos hy en sy afskuwelike party elke dag doen nie. Laat hy sy totalitêre smoel van Bok van Blerk  se De la Rey en alle Afrikaanse liedjies af hou.

пневматический инструмент длялобановский александр игоревич класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.