Suid-Afrikaner is (halwe) wêreldystermankampioen!

James Cunnama

James CunnamaDie Suid-Afrikaner James Cunnama het gister die wêreld se ystermankampioen geword in die 70.3-wedstryd wat in Austin, Texas gehou is. Cunnama het die moordende driekamp van 70.3 myl (112 km), ook bekende as ‘n “halwe ysterman”, in ‘n tyd van 3:35:57 gewen. Deelnemers moet vervolgens 1,93 km swem, 90 km fietsry en ‘n halwe marathon (21,09 km) hardloop, sonder om tussenin te rus.

Die Estlander Marko Albert het aanvanklik voorgeloop met ‘n uitstekende tyd van 23:04 in die water. Die dubbele Olimpiese kampioen is deur Brandon Marsh gevolg wat ‘n tyd van 24:13 oor die swemafstand aangeteken het, asook ‘n groep van sewe atlete wat tussen 24:31 en 24:36 aageteken het, waaronder die Australiër Richie Cunningham, die Nieu-Seelander Bryan Rhodes, nog ‘n Australiër Paul Armey, die Kanadees Jeff Symonds and Alessandro Degasperi van Italië.

Albert het insgelyks die vinnigste tyd vir die fietswedren aangeteken met 2:08:25 oor die 90 km. Teen dié tyd het dit gelyk asof sy voorsprong van ongeveer 1,6 km en 6:22 oor die Suid-Afrikaner James Cunnama, wat hom intussen vanaf 11de tot 2de opgewerk het, onaanvegbaar was. Nog drie atlete het die fietsry ongeveer 7 minute agter die voorloper klaargemaak: Cunningham, Degaspieri en Symonds.

Maar die 27-jarige Cunnama het sy talent in die langafstande goed gebruik deur ‘n halfmarathontyd van 1:12:56 aan te teken. Hy het Albert in die laaste deel van die wedren verbygesteek en sodoende sy heel eerste Ysterman 70.3-wêreldtitel ingepalm.

Albert het egter sy voorsprong bo die ander atlete behou en het tweede geëindig, in weerwil van verbete pogings deur Cunningham (derde), Degasperi (vierde) en Symonds (vyfde) om hom te vang.

Cunnama presteer vanjaar besonder goed, want hy het in September ‘n volle ystermankompetisie gewen, nadat hy ‘n tyd van 2:43:35 in die marathon aangeteken het. Die volle ysterman behels 3,8 km swem, 180 km fietsry en natuurlik die volle marathon van 42 km.

Die Suid-Afrikaner behoort aan die TBB-span en het in 2010 reeds die Alpe d’Huez-driekamp gewen,asook tweede geëindig in die Singapoerse en Suid-Afrikaanse 70.3-wedrenne, terwyl hy insgelyks tweede was in die moeilike Embrunman-driekamp in Frankryk.

Die volle uitslae van die professionele mans is die volgende:

1 James Cunnama 3:53:57
2 Marko Albert 3:55:06
3 Richie Cunningham 3:57:04
4 Alessandro Degasperi 3:57:29
5 Jeff Symonds 3:57:57
6 Brett Poulsen 4:00:02
7 Brad Seng 4:04:45
8 Trevor Wurtele 4:04:54
9 Lewis Elliot 4:05:48
10 Ian Mikelson 4:06:41домики для детей

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.