Ons b-bank, ons b-bok, ons b-boere – wat is volgende, ons bobotie, biltong en boerewors?

Deel op

Dit is baie duidelik dat die kommuniste nou behoorlik aan die gang gekom het, om ons Afrikaners se hoekstene weg te kap, en die ANC se kommunistiese onderrok hang al verder uit. Dit is ‘n erkende aspek van sielkundige manupilasie, dat as jy mense se simbole en fondamente wegvat, hulle identiteitloos en sonder samebindende emosie sit. Dit maak hulle ‘n maklike prooi vir indoktrinasie tot ‘n nuwe ideologie, denke en leefwyse. Hierdie is natuurlik ‘n algemene indoktrinasiemetode in alle weermagte,  om goeie soldate te maak. Die nuwe rekrute word individueel afgebreek en ontneem van ‘n eie identiteit om in te pas by die groepsidioom. “Hulle breek jou eers af, dan bou hulle jou in die spanspeler (of groepsidioot) wat hulle wil hê.”

Dieselfde taktiek is uitmuntend suksesvol gevolg deur die kommuniste ná die Tweede Wereldoorlog in al die lande wat hulle ingeneem het. In Rusland is godsdiens verban, in China is kinders van hulle ouers vervreem om nie die eeu-oue Chinese tradisies te leer nie. Die basiese idee? Neem hulle unieke identiteit weg – alles wat hulle uniek maak, en dan gee jy aan hulle die groepsidentiteit wat die regering behaag. Gebeure van die afgelope tyd begin op ‘n gefokusde aanslag op die Afrikaner se identiteit dui. Kom ons kyk chronologies na hierdie nuwe aanslag:

1.         Die ANC is stelselmatig besig om ‘n berekende aanslag op Afrikaans te maak, en hulle hoofteikens is die skole en veral die universiteite. Breek ‘n taal as intellektuele medium, en jy breek sy krag om te groei en lewend te bly. Een vir een is die Afrikaanse universiteite afgetakel; Kovsies was die tweede laaste een, en nou begin hulle by Potchefstroom. Daar is alreeds ‘n geroep uit die gekkekoor dat Model C-skole moet verdwyn.

2.         Die ANC maak bekend dat hulle alle landbougrond tot nasionale bate wil verklaar, en die grond nasionaliseer vir ‘n paggebruikstelsel. Afgesien daarvan dat dit niks anders as die kommunistiese ideologie is van alles behoort aan die staat, nie en almal werk vir die glorie van die massas, is dit ook die basisbeginsel van die swartes se lewensfilosofie, Ubuntu, dat die land aan almal behoort, via die stamhoof. Dit is hoekom swartmense nie glo aan grensdrade nie.

3.         Die bogenoemde beleid word dan gefokus op veral jagplase, wat volgens die kommuniste nie produktief is nie. Dit word gesê ongeag die feit dat die jagbedryf jaarliks miljarde rand se buitelandse valuta en inkomste vir die ekonomie verdien. Maar natuurlik! Jag  is hoofsaaklik ‘n blanke tydverdryf en ook, as daar geen jagplase is nie, is dit onnodig vir enige blanke om ‘n jaggeweer te besit. Die minister van polisie het dit duidelik gestel ‘n paar maande terug: “Algehele ontwapening van die burgerlike bevolking is nog steeds ons uiteindelike doel.”

4.         Die ANC maak bekend dat hulle reeds duisende blankes, en veral Afrikaners as lede het. Baie moontlik gaan die naïewe blankes dit glo, en skielik word lidmaatskap van die ANC die “in-ding”.

5.         Indoena Zuma  besoek Orania om “goeie” verhoudinge met die Afrikaner te bou.

6.         Die ANC maak bekend dat hulle blankes wil teiken om lede te word, om hulle meer verteenwoordigend te maak van alle rasse. Dus: “Kom na ons toe, ons sal vir julle ‘n nuwe veilige tuiste bied.” Nt soos Dingaan Piet Retief en sy manne in die kraal ingenooi het vir ‘n kalbassie bier en volkspele?

7.         Absa gooi hulle kwotabom, en skielik begin hulle aan een van die Afrkaner se heilige koeie torring. Maria Ramos het nog geen enkele woord gerep oor die rykdom van die Afrikaner wat daardie bank gebou het nie, inteendeel daar is geen erkenning daarvoor nie.

8.         Om die spyker dieper in te kap, help die IRB wragtag dat die” heilige” Springbok verban word (ons kon dit vat toe dit van die hart verskuif), na die mou, nogal op daardie deel van ‘n rugbytrui waarmee die speler sy snotneus en spoeg afvee. Ek wed die ANC lag lekker oor hierdie een, en dit moet nog gesien word of die bok enigsins weer erkenning sal kry!

So wat het dit alles met die argument hierbo te doen? Kom ons kyk mooi na wat (onder baie ander faktore) ‘n Afrikaner definieer:

1.         Na ‘n volk se uiterlike kenmerke soos velkleur en haarstruktuur, is taal ‘n volk se mees herkenbare karaktertrek. Neem dit weg, en jy laat hom verward oor sy herkoms en sy interne kommunikasie. Ons ouer garde sukkel nou al om die “moderne” Afrikaners se gebrabbel van Sêfrikaans te verstaan – ‘n bastertaal van Adrikaans en Engels. Ons sukkel nie regtig nie, dit laat net baie sand onder mens se tande. Die ANC breek op hulle eie Afrikaans se status en belangrikheid so stukkie vir stukkie af. Die enigste staatsdepartment waarin jy nog Afrikaanse korrespondensie kry, is SARS, en dit moet baie rooi vlae laat opgaan. Die Afrikaner se bydrae tot die staatskas deur die belasting wat hy betaal, is wat die regering in staat stel om hulle korrupsie te finansier, en miljarde rande aan die kastige maatskaplike toelaes te betaal. Dit is niks anders as ‘n vorm van herverdeling van rykdom nie.

2.         Ons het Boerebloed in ons are. Ons stam almal van voorvaderboere af, almal het iewers familie op ‘n plaas (gehad), en die Afrikaners is internasionaal bekend as mense wat ‘n oes uit klippe kan boer. Dit is deel van ons identiteit. Neem ons Boerskap weg, en jy neem ons bakermat weg. Die groot gevaar vir ons is dat al hoe meer boere (Afrikaners) hulle uitsonderlike talente nou vir ander lande gaan aanwend. Tans is AgriSA in Georgië, wat dringend Afrikanerboere soek om hulle landbousektor weer te gaan opbou. Dit maak dat die Afrikaner net nog meer verspreid oor die wêreld gaan raak. En dit is vir die ANC ‘n soete gedagte.

3.         Om te jag was een van ons voorvaders se belangrikste maniere om kos op die tafel te kon sit, en dit het deel van ons karakter geword. Maar nie die swartmense nie.  Ek self jag al jare en het nog nooit ‘n swart jagter in my lewe teégekom nie, behalwe dié wat onwettig met honde kleinwild jag. Ook is jag natuurlik deel van die koloniale verlede van Afrika in die geheel. Dit lyk en ruik blank en Europees.

4.         Blankes, en veral Afrikaners het geen affiniteit vir of met die ANC nie. Dit is net nie iets wat mense wat nie hulle siele verkoop nie, doen nie. Maar deur net die idee tuis te bring dat dit nou eintlik sosiaal aanvaarbaar is om lid te word van die ANC, kan daar dalk ‘n paar duisend mofskape om die bos gelei word.

5.         Die Afrikaners is baie ordentlik en gasvry as dit ons pas. Indoena Zuma weet dat hy welwillendheid kan koop deur te gaan kuier by Orania, die huidige “hart en beeld” van Afrikanervryheid  (hoe beperk daardie vryheid ook al is.) Dit versterk die gevoel wat hulle wil skep dat daar ‘n tuiste vir Afrikaners is onder die regerende kommuniste want hulle is dan nou so verdraagsaam en bedagsaam. Die Afrikaner kan baie naïef wees aan die een kant, en ons het altyd die Joiner-element onder ons – ‘n aspek waarvan die ANC deeglik bewus is.  Daar is van ons mense wat sal val vir die soet heuning van verleiding. “Sluit aan by die ANC en werk saam vir ons land se toekoms.” Jaaa, perde het horings ja en my oupa se koeie het gereeld oor die maan gespring.

6.         Volkskas was een van die Afrikanerdom se grootste suksesse. Uit Federale Volksbeleggings waarin ‘n verarmde volk elkeen sy paar sjielings of twee ponde in die hoed gegooi het, het die magtige Absa tot stand gekom. Die verswarting van daardie instelling wat eens ‘n kroon op die Afrikaner se kop was, is nou gefinaliseer.

7.         Rugby is so deel van die Afrikaner se identiteit en psige, dit is ‘n doktorale studie werd. Die eens magtige Springbokke en sy individuele helde, was vir die Afrikaner sy deeltjie van glorie en mannemoed waaraan hy sy hele lewe kon glo. Oumense vertel nou nog van “daai drie van Mannetjies Roux, Mof Myburgh wat die All Blacks flinters kon boks, Tiny Naude se skop, Dawie de Villiers se duikuitgee… Soos die Noord-Europeërs hulle beroep op die legendes en glorie van die Noormanne en die Wikinge, kon ons ons nog altyd roem op die glorie van die Springbokke! Dit is ons afgod en ons Saterdaggodsdiens. Dit is ons mans se passasieritueel tot manwees. Jy moes rugby iewers in jou lewe gespeel het, anders is jy ‘n sissie. Vat dit weg, en jy vat die Afrikaner se manwees weg?

Klink dit soos  ‘n belaglike “samesweringsteorie”? Miskien, maar eintlik doen die ANC net wat kommuniste doen – dít wat hulle doktrine hulle leer, en wat voorheen onder kommunisme gewerk het. Dus, ‘n slim gefokusde strategie of nie, ons as Afrikaners moet kennis neem en wakker bly.

Ons  moet eenvoudig nie toelaat dat hulle slaag nie. Deur ons mense op hoogte te hou van die slim taktieke wat teen ons aangewend word, sal mense toegerus wees om nie deur hulle foefies gekul te word nie. Ons mag nie toelaat dat hulle wen nie. Byvoorbeeld is rugby een van ons kleinnode, en al moet ons dan ons eie liga begin, dan doen ons dit. Ek sien baie jong boertjies met kort kakiebroeke en tweekleurhemde rondloop, wat sterk en jonk is. Ons moet ons eie spanne begin en ‘n liga speel. Dink net aan die advertensie: Saterdag, Boererugby. Kleinfontein vs Orania, of Praag vs Die Boerevolk. As ons alles los wat dierbaar vir ons is, verloor ons, en hulle wen.

Ons moenie ons karakter verander en ons kultuur verloor, net omdat die ANC dit so wil hê nie. Ons moet nou begin beweeg om ons eie veilige biosfeer te skep. Met ander woorde, ons moet:

1.         Ons eie ekonomie deur Afrikanerbanke skep en sover moontlik eksklusief net met mekaar besigheid te doen,

2.         Ons eie grondgebied bekom en ‘n veilige blanke kolonie(s) te skep,

3.         Bou aan ons eie skole, en nuwes begin,

4.         Ons eie universiteit stig,

5.         Ons eie rugby liga stig – dit gaan klein begin, maar kan groot eindig,

6.         Ons boere en ons landbou beskerm met alles wat ons het, in ons eie gebiede, en

7.         Wee die donner wat aan ons bobotie, biltong of boerewors vat.

En binnekort, roep ons ons eie onafhanklike Vrye Boerestaat / Afrikanerrepubliek uit.

Ad Libertum  Persequor!

настольная игра монополияДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.