Jansen behoort hom in swart denke te verdiep

Prof. Jonathan Jansen se uitspraak dat die land op ‘n “rassevulkaan” sit, is juis in dié sin dat ras die grondslag van alle regeringsbeleid geword het. Ook Ferial Haffajee van City Press meen in Rapport: “Dit is ook vreemd dat mense wat voordeel getrek het uit apartheid – die grootste kwotastelsel van die 20ste eeu – nou so vreeslik daarteen gekant kan wees.”

Dus, apartheid wat blankes bevoordeel het, was boos. Maar apartheid wat swartes, bruines en Indiërs bevoordeel, is goed en daaroor moet ons nie kla nie. As Jansen praat van woede onder die wit jeug, bedoel hy ook eintlik dat ons jongmense nie onderdanig genoeg is om hul tweedeklasburgerskap te aanvaar nie.

Te midde van die gereelde propaganda-uitsendings van die SAUK-TV was daar Sondagaand insgelyks ‘n ellelange uitsending oor die swart rassesolidariteit van die tagtigerjare toe die Afro-Amerikaners die VSA se buitelandse beleid jeens Suid-Afrika met behulp van betogings en druk deur die media verander het. Ondanks president Ronald Reagan se veto, is sanksies teen Suid-Afrika gewettig.

Pleks van sy nuutgevonde insigte oor “die wit jeug se woede” aan ons te kommunikeer, behoort prof. Jansen hom eerder te verdiep in sy eie swart denke, oftewel die swart beweging van die afgelope honderd jaar, sedert W.E.B. Dubois in Amerika op die toneel verskyn het. By gebrek aan ‘n kulturele en talige nasionalisme van die Europese of Afrikanertipe, verlaat swartmense hulle op rassenasionalisme.

Ek het al hoeveel keer in politieke vergaderings van die ANC en hul geesgenote gesit waar die begrip “nie-rassigheid” as ‘n sinoniem vir “onder swart oorheersing” gebruik word.

Afrikaners het geen invloed op honderd jaar se swart denke in Afrika, Amerika, die Karibbiese eilande en elders nie. Transformase, rassekwotas en sistemiese anti-wit diskriminasie is die logiese uitvloeisel van daardie filosofie.

Al wat vir ons oorbly is, hetsy emigrasie, hetsy ‘n eie grondgebied of volkstaat wat nie aan die “nuwe, goeie apartheid” onderworpe sal wees nie. Plaas- en huisaanvalle dring insgelyks daardie keuse aan ons op.

Dus aan me Haffajee wil ek sê: Ons aanvaar julle goeie apartheid, gee ons net die tuisland wat ons toekom.

Hierdie rubriek verskyn ook vandag in ‘n verkorte weergawe in Beeld.

архитектурное освещение типыАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.