Focus trek nuwe baadjie aan!

Ford Focus-reeks
Deel op

Ford Focus-reeksFord Suid-Afrika het besluit om vir die Ford Focus-reeks ‘n nuwe baadjie aan te trek. Die veranderings is klein maar maak ‘n groot verskil aan die reeks. Behalwe dat van die modelle nou eintlik goedkoper is as verlede maand, is daar ook ‘n paar kosmetiese veranderings aan sekere modelle.

Die Ambiente-model wat die intreemodel is, kry nou kleurbypassende kantspieëls, die Si-modelle wat so ‘n trappie hoër op die modelleer is kry ‘n nuwe sportiew-voorstamper by. Die Si-model se misligte is ook herontwerp met swart-en-chroom-omsetsels. Daar is ook nou ‘n Trend-weergawe in die 4-deurmodelle wat nooit tevore beskikbaar was nie. Hy vervang die vorige 2.0 Si 4-deurmodelle in handrat en outomaties. Aan die binnekant kry die Si-modelle nou ‘n splinternuwe 8-luidspreker Sony-klankstelsel by. Die Focus-reeks bestaan nou uit die volgende:

Vyf- deurluikrug:                                        Vier-deursedan:

Focus 1.8 Ambiente                                                    Focus1.8 Ambiente

Focus 1.8 Si                                                                Focus 2.0 Trend

Focus 2.0 Si                                                                Focus 2.0 Trend A/T

Focus 2.0 TDCi Si                                                      Focus 2.0 TDCi Powershift Si

Focus 2.0 TDCi Powershift Si

Pryse begin by R199 900 vir die 1.8L Ambiete met 92Kw se krag, dan die 2.0L-weergawes teen R235 000 met 107 Kw en teen R270 500, die TDCi-diesel modelle met 100 Kw.  Die warm 2.5L ST-modelle begin by R308 600 vir die 3-deur en R330 500 vir die 5-deur met leer. Die nuwe 2.5L RS sal jou R487 900 kos.

Chev gaan ‘n luikrug Cruze bring

Chev CruzeGeneral Motors bou nou voort op die sukses wat hulle wêreldmotor die Chev Cruze daargestel het. Die nuwe Cruze-luikrug sal op 30 September by die Paryse  motorskou bekend gestel word. Die Cruze word in 70 lande wêreldwyd verkoop en is GM se topverkoper in die gesinsmotormark. Die Cruze het al in 2009 die gesogte Euro Ncap 5-stertoekenning gekry vir veiligheid en die nuwe luikrug sal net ‘n alternatief vir die tradisionele sedan wees. GMSA het nog nie besluit of die luikrug plaaslik beskikbaar sal wees nie; die motor sou teen die Ford Focus en VW Golf kompiteer, sou hy plaaslik bekendgestel word.

Kia se Sportage is hier

Kia SportageDie Kia Sportage is hier. Dit is ‘n totale nuwe voertuig, langer en breër as sy voorganger. Die voertuig bied ook beter brandstofverbruik as voorheen en laer koolstofvlakke, die ideale gesinsvoertuig vir Suid-Afrika. Daar is drie nuwe enjins in die reeks beskikbaar,

Petrol

2.4                130 kW           227 Nm          6-sp Outo

2.0                122 kW           197 Nm          5-sp MT/ 6-sp Outo

Diesel

2.0                130 kW           392 Nm          6-sp / 6-sp Outo

Die nuwe Sportage verskil so van sy voorganger:

Nuwe Sportage Verskil             Vorige Sportage

Lengte                         4445                + 95 4350

Breedte*                      1855                + 15 1840

Hoogte                        1635                – 60 1695

Wielafstand                 2640                + 10 2630

Voorste oorhang          895                 + 15 880

Agterste oorhang         910                 + 70 840

Voortste asafstand      1614                + 74 1540

Agterste asafstand      1615                + 75 1540

Grond Vryhoogte         172                 – 23 195

*kantspieëls uitgesluit

Die 2.4L petrol is slegs in vierwielaandrywing beskikbaar waar die 2.0L petrol sowel as die diesel in  tweewielaandrywing en vierwielaandrywing beskikbaar is.

гидробак джилексФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.