Soldate wil weer betoog

Deel op

Soldate berei voor om aanstaande maand voor die Uniegebou in Pretoria te betoog en ‘n memorandum te oorhandig, het die Suid-Afrikaanse Veiligheidsmagtevakbond (Sasfu) gister in Pretoria gesê.

Sasfu se Gautengse voorsitter Mfazwe Plaatjie het gesê die unie beplan ook regstappe teen die minister van verdediging en oorlogsveterane Lindiwe Sisulu omdat sy honderde soldate op spesiale verlof hou.

Hy het gesê dat die soldate op spesiale verlof geplaas is en nie gewerk het sedert die SA Nasionale Weermag (SANW) hulle geïdentifiseer het as deelnemers aan ‘n optog in Augustus 2009 nie, toe die polisie rubberkoeëls gebruik het om die soldate uiteen te jaag.

“Hulle betaal mense om by die huis te sit en niks te doen nie. Dit is ‘n vermorsing van belastingbetalers se geld en dit is teen ‘n hofbevel,” het hy gesê.

Kort ná die optog, het die SANW briewe gestuur aan sowat 1 500 soldate. Hulle is afgedank, tensy hulle in staat was om te verduidelik waar hulle hul op 26 Augustus 2009 bevind het.

Op 9 September het die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria bevind dat hulle heraangestel moet word met volle voordele.

Plaatjie sê die meeste is op spesiale verlof geplaas en hy glo ongeveer 200 werk steeds nie.

Interdik

‘n Woordvoerder van die ministerie van verdediging Ndivhuwo Ha Wa Mabaya het gesê: “Sasfu het sl dikwels voorheen gesê dat hulle ‘n optog wil hou. Ek kan nie kommentaar lewer op bespiegelings nie…”

Maar Plaatjie meen die regering is bewus van die beplande opmars op 23 Oktober.

“Hulle is nou daarvan op hoogte, en as hulle daarmee wil ophou, moet hulle dit nou doen, sodat ons onsself in die hof kan verdedig,” het hy gesê, en daaraan toegevoeg dat die regering vir ‘n paar weke van die betoging op 26 Augustus bewus was.

“Daar is geen behoefte aan ‘n dringende interdik nie. Ons gee hulle vooraf kennisgewing van die optog,” het hy gesê.

Hy meen dat afgesien van hul eis vir die herindiensneming van soldate wat nog steeds op spesiale verlof verkeer, eis die vakbond dat die minister die militêre bedingingsraad moet gebruik om die soldate se klagtes aan te hoor.

Hy het gesê die raad is ‘n legitieme liggaam wat deur die regering in Augustus 1999 gestig is toe dit in die Staatskoerant gepubliseer is.

Hy het gesê die laaste keer dat vakbonde met ‘n minister van verdediging of sy verteenwoordiger ontmoet het, was Mosiuoa Lekota in 2007.

Sasfu ook ‘n beroep op die SANW gedoen om die teistering van vakbondlede te staak en om die vergoeding van alle soldate te verbeter, insluitende behuisingstoelaes.

Spioene

Die vakbond vereis ook die vinnige transformasie van die SANW.

Plaatjie sê dit sluit in die onthulling van die name van die voormalige vryheidsvegters wat vir vir die apartheidsregering gespioeneer het en ‘n hersiening van militêre vaardigheidsontwikkelingskontrakte, op grond waarvan jongmense vir ‘n tydperk van twee jaar gewerf is.

Hy het gesê dat diegene wat aangemeld het in die gebruik van wapens opgelei is, maar het geen ander vaardighede na twee jaar nie. Hy het gesê dat die kontrakte vir ‘n langer tydperk behoort te geld.

“Jy loop gevaar om misdadigers en mense wat net weet hoe om te skiet, los te laat. Hulle het ander vaardighede nodig voordat hulle uitklaar,” sê Plaatjie.

Hy het ook ‘n versoek aan Sisulu gerig om die tussentydse verslag van die militêredienskommissie vry te stel.

Die kommissie is gestig nadat die optog in Augustus 2009 plaasgevind het, maar tot op hede is sy verslag nog nie bekendgemaak nie.

“Ons sou graag wou weet wat dit sê. Hierdie verslag kos belastingbetalers geld. Suid-Afrikaners sou graag wou weet wat dit sê,” meen Sasfu se adjunkpresident Charles Jacobs.free slot gamesалександр лобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.