Pigspotter is onskuldig

Deel op
Die Johannesburgse Metropolisie soek hoog en laag na ‘n blogger bekend as Pigspotter. Dis terloops snaaks dat hulle nie onpadwaardige taxi’s en hul bestuurders met heeltemal dieselfde ywer as Pigspotter probeer vervolg nie. Pigspotter het mense op Twitter gewaarsku teen padblokkades en spoedlokvalle, en volgens die Metropolisie kom dit neer op dwarsboming van die gereg.

Ongelukkig vir die Metropolisie is hulle verkeerd op verskeie vlakke.

Eerstens was daar enkele jare gelede ‘n hofsaak waarin ‘n motoris aangekla is omdat hy ander motoriste mbv flitsende ligte gewaarsku het oor ‘n spoedlokval. Hy is toe aangekla van dwarsboming van die gereg. In die hofsaak was sy verweer dat die doel van spoedlokvalle hoort te wees om motoriste kry om die spoedperk te gehoorsaam, en dat sy flitsende ligte ook dieselfde ten doel gehad het. Hy is onskuldig bevind op grond van hierdie verweer.

Tweedens gaan dwarsboming van die gereg van die veronderstelling uit dat die gereg benadeel word deur iemand se optrede.  Daar is dus twee partye: een wat die gereg moedswillig dwarsboom, en tweedens iemand wat die gereg verteenwoordig. Dis met laasgenoemde dat daar ‘n enorme probleem is waar dit by die Metropolisie kom. Hulle noem hulself kennelik ‘n polisiemag, maar om hulle as die vaandeldraers van reg en geregtigheid te wil voorhou, is eenvoudig absurd. Die taxi-bestuurders wat absolute minagting vir die reëls van die pad het, lyk soos engeltjies in vergelyking met die fundamenteel-korrupte en misdadige Metropolisie.

Wie kan ooit vergeet van die skietery enkele jare gelede tussen die Metropolisie en die gewone polisie op een van Johannesburg se snelweë? Die Metropolisie is sedert 1994 getransformeer na ‘n spul misdadige skuim, wat bloot daarop uit is om hetsy hulself, hetsy hul werkgewer te verryk.  Korrupsie is aan die orde van die dag, en dit is moeilik om te bepaal of daar selfs een eerlike lid van die Metropolisie is.

Ek is al persoonlik in Midrand voorgekeer omdat ek versuim het om ‘n veiligheidsgordel te dra. Ek was skuldig. Die individu wat my voorgekeer het, het sy naamplaatjie doelbewus afgehaal, sy voertuig of motorfiets moedswillig iewers versteek, en toe vir my gevra: “What do you have for me?” Ek het my dom gehou en uiteindelik is ek meegedeel dat ek hetsy ‘n paar honderd rand aan ‘n boete kon betaal, hetsy vir hom R50 kon gee. Ek het hom toe laat weet ek verkies die boete-kaartjie, iets wat hom só gegooi het dat ek uiteindelik sonder om die omkoopgeld te betaal én sonder ‘n boete gery het.

Dit is ‘n welbekende feit dat padblokkades gehou word om motoriste af te pers om omkoopgeld te oorhandig.  Dit lyk byvoorbeeld op die oog af of Bees Roux voorgekeer is met die doel om hom af te pers, wat stellig ‘n geweldige misrekening was aan die kant van die oorlede vermeende afperser. Waar dit die Metropolisie aanbetref, is die hou van ‘n padblokkade dus op sigself ‘n kriminele handeling aan die Metropolisie se kant.

Pigspotter se optrede kan dus maklik gesien word as synde misdaad-voorkoming. Hy waarsku motoriste immers teen die Metropolisie se kriminele optrede en verhoed sodoende dat motoriste die slagoffers word van die endemiese misdaad en korrupsie waaraan die Metropolisie homself skuldig maak.

Die Metropolisie voel hom waarskynlik gekrenk omdat iemand soos Pigspotter hulle so openlik minag. Baie soos die ANC-regime hom gekrenk voel oor die minagting waarmee elke denkende, wetsgehoorsame Suid-Afrikaner hom beskou, en derhalwe die pers se mond probeer snoer. Ek is persoonlik nie hoopvol dat die ANC of die Metropolisie ooit tot die besef sal kom dat respek iets is wat verdien moet word nie.

инвертор зарядное устройствоАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.