Professor is stil oor huidige polisie

Deel op

Is dit nie opvallend hoe stil die spraaksame kopdoekie-professor is oor die huidige polisie (SAP en METRO) en hulle manewales en koste vir die gewone belastingbetaler nie? Miskien moet die einste geleerde hom daarvan vergewis dat die huidige polisie (SAP en METRO) die grootste enkele bedreiging vir die veiligheid en sekuriteit van die gewone burgery is. Ons het al `n gewapende roof by die huis gehad en gelukkig – verbeel jou gelukkig! – was daar geen lewensverlies nie. Dit is meer as 4 jaar gelede en tot op datum het ek nog niks van die huidige SAP verneem nie. Net `n saaknommer gekry. Ek het `n sterk vermoede dat die polisie  – dit is om `t ewe of dit die SAP/METRO is – daarby betrokke was vandaar my opdrag aan my gesinsmense dat as die polisie by die hek aanmeld om die eiendom te betree, aktiveer onmiddelik die paniekalarm sodat die sekuriteitsmaatskappy (wat my `n klomp geld kos) ook teenwoordig kan wees. Die huidige polisie-uniform en voertuig het geen goeie trou/bona fide nie – en daar is goeie redes daarvoor! Miskien is die professor nie bewus hiervan nie. Dalk moet iemand dit vir hom in die oor fluister.

In hierdie verband wil ek herhaal wat ek al vroeër gesê en geskryf het:

De Kock het simbool geword van `n k*k-skikking met die ANC. Die ANC se ‘De Kocks’ loop vry rond en sit selfs in regeringsposte terwyl plaas- en stadsmoorde ongesteurd voortgaan. Hierdie moordenaars is veel erger as De Kock. Met dié gang van sake het FW de Klerk `n verleentheid vir die Nobelprys geword!

моечное оборудование для автомойкиАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.