Bymotiewe by Absa se dom skuif?

Deel op

Hierdie skuif van Absa om teen wit rugbyspeler te diskrimineer, wil al lyk of dit ‘n politieke klank het wat ten hemele stink.

Dit is waar dat Absa, uit Volkskas en Trustbank gebore, hoofsaaklik opgebou is met die Afrikaners se geld uit die destydse Federale Volksbeleggings. En baie Afrikaners is al sedert die jare sestig en sewentig kliente van die bank.

As gevolg van sy verlede en verbintenis met Federale Volksbeleggings was dit sedert 1994 nie die “inding” vir swartmense en regeringsinstellings om rekeninge oop te maak by Absa nie, en suig hulle wat dit betref aan die agterspeen. Baie min, indien enige, regeringsdepartmente het rekeninge by Absa, en daar gaan letterlik miljarde Rande deur daardie rekeninge. Hier en daar is daar munisipaliteite wat rekeninge by Absa bedryf.

Nou, ek glo dit was nog altyd vir die bank se direksie ‘n doelwit om regeringsrekeninge te kry, en hulle het sekerlik nog altyd planne gemaak om hulle beeld by die ANC, die ANC elite, die ANC vetkatte, en Swart bemagtingingsmaatskappye te “verbeter”.

Eers het hulle van al hulle wit dienspersoneel ontslae geraak, toe Afrikaans as dienstaal, en toe dit nie werk nie, het hulle besluit om hierdie dom skuif in Rugby, wat “Afrikanerheiligdom” is te maak. Dom, baie dom.

En dit net om ‘n paar regeringsrekeninge te kry!!! Ek is seker daar word vanaand 17 September en dwarsdeur hierdie naweek direksievergadering gehou om die nagevolg van hierdie besluit te bespreek.

Ek is ook al 25 jaar ‘n klient van Absa, maar volgende week skuif ek my rekening, en ek hoop dat alle Afrikaners wat kliente is, ook daardie rekeninge wat hulle kan, plus alle beleggings, sal skuif na ander banke.

купить кофту для девочкиФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.