Vrystaatse universiteit verander leuse en wapen

Deel op

Die Vryheidsfront Plus-jeug in die Vrystaat het vandag by monde van sy jeugleier, Jan van Niekerk, met skok gereageer oor die Universiteit van die Vrystaat-bestuur se beoogde verandering van die Universiteit se wapen en leuse as deel van hul nuwe korporatiewe identiteit.

“Daar is beslis nie fout met ‘n nuwe korporatiewe identiteit en vernuwing nie, maar om die UV se eeue-oue wapen en leuse in die proses te verander, is onverantwoordelik en spreek van swak bestuur,” het Van Niekerk gesê. “Hierdie beplande verandering sal verder bydra tot die swak beeld van die UV, wat oor die afgelope paar jare groot skade gelei het en bygedra het dat voornemende studente hulle tot ander universiteite wend. Dit moet ten alle koste voorkom word.”

Van Niekerk meen dat hierdie verandering tipies van ‘n bestuurstegniek is waar daar slegs aan die kosmetiese aspekte verander word, maar waar die werklike probleme nie aangespreek word nie.  “Dit herinner aan die regering se konstante onnodige verandering van dorp- en straatname terwyl daar baie groter krisisse is wat aangespreek behoort te word.”

Die verandering van die wapen gaan beslis nie die UV herposisioneer om “meer demokraties, inklusief en transformerend”, soos wat die UV-bestuur beweer, te wees nie – maar gaan eerder tot verdere verdeeldheid lei. Die huidige leuse beteken, “In God is die lig van die wysheid” teenoor die nuwe voorgestelde “Inspiring excellence, transforming lives”. Die feit dat weggedoen word met die eer aan God, spreek boekdele van die vervreemding teenoor Christelike studente. Hierdie wapen is geskiedkundig van aard en is verteenwoordigend van hoe en waar die Universiteit ontstaan het en van generasies van studente wat baie moeilike omstandighede oorkom het.

“Die UV moet modern en innoverend wees, maar hoef nie van sy wortels ontslae te raak nie.  Die Universiteit se herkoms is belangrik en kan nie vergeet of uitgevee word nie,” het Van Niekerk gesê.

коляски для куколФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.