Absa en rugbytransformasie

Deel op
As daar nou een bank in Suid-Afrika is wat die merk van Kaïn op hom het agv historiese baggasie, moet dit Absa wees. Absa is die resultaat van ‘n huwelik tussen wat gesien kan word as Afrikaner-SEB banke soos Volkskas en die ou Trustbank.

In ‘n verbasende wending word daar egter vandag berig dat Absa hom by die Jimmy Manyi-koor van Jeremiades geskaar het, en nes Butana Komphela steen en been kerm oor transformasie in rugby. Só ingenome is Absa skynbaar met die uitnemende prestasies van die getransformeerde Springbok-afrigter, dat dit hom geweldig grief dat die spelers in Curriebeker-spanne nie ook van dieselfde polities-aanvaarbare skakering as Piet Snorre is nie. As borg van die Curriebeker sou Absa op hoogheilige wyse eerder wou sien dat Bolla Conradie ‘n provinsiale span se skrumskakel is, en dat die Fourie du Preez’e van die lewe op die reserwebank sit, indien blankes enigsins in die spangroep is.

Alhoewel dit besonder on-polities-korrek is deesdae om dit in die openbaar te erken, verstout ek my egter om te sê dat die meerderheid van Absa se klandisie steeds blankes en veral blanke Afrikaners is. Siende dat die meerderheid van Absa se kliënte vermoedelik blankes is, is dit so ‘n bietjie dik vir ‘n daalder vir Absa om op so ‘n hoogheilige wyse te wil predik oor transformasie in rugby, as die bank se klandisie self nie die demografie van die land weerspieël nie.

Ek sou Absa se geteem, en mens moet vra watter ander denkbare doel daar kan wees daarmee, behalwe om by die ANC-regime gat te kruip, ernstiger kon opneem as Absa self gemaak het soos hy wil hê ander moet maak. Hoe sê die Engelse nou weer? “Charity begins at home.” As Absa dan werklik sulke intense en nuutgevonde entoesiasme oor rasse-transformasie beleef, stel ek voor hy sorg dat sy klandisie ook aan rasse-kwotas onderworpe moet wees.

Snaaks hoe Afrikaners se geld goed genoeg is vir Absa wanneer Absa ons kan slaat met rente en bankkostes, maar dat hy nie hou daarvan om ons op die rugbyveld te sien nie.

игрыдла дэвочэкпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.