Die rasnorm elders

Deel op

Op die voorblad van Volksblad vanoggend word berig dat Absa ontsteld is oor die – soos dit gestel is – Saru se ernstige gebrek aan toewyding met transformasie.” Van die Curriebekerspanne is te wit.

Dit klink bykans bisar dat sommige Suid-Afrikaners so bekommerd sal wees oor die kleursamestelling van spanne, terwyl dit elders ter wêreld dikwels oor ‘n maak-of-breek oor lewensmiddele handel.

Vanoggend berig die Nederlandse koerant Trouw dat armoedevlakke in die VSA tot die hoogste vlak – 51 miljoen – in bykans ‘n halwe eeu gestyg het. Dit is ook die hoogste persentasie sedert 1994 en staan nou op 14,3 persent.

Die slotsin lui dat dié armoede swart en Spaanstalige Amerikaners twee maal so hard as hul wit en Asiatiese landgenote tref.

Dit val saam met die VN se voedselorganisasie se syfer dat die aantal hongerlydendes wêreldwyd tot onder ‘n miljard gedaal het. In Afrika Suid van die Sahara styg dit egter, en ly een uit elke drie mense honger.

In Vlaandere broei dit nadat ‘n skool afsonderlike onderrig vir – soos dit gestel word – allochtonen-kinders begin aanbied het. Dit geskied op versoek van die ouers. Die minister is ontsteld, en wil dit ondersoek, en die ouers van die wat nie reeds verskeie geslagte Vlaams is nie, is ontevrede. Hul kinders sit nou in klasse van verskillende nasionaliteite, en die ouers meen dit sal nou moeilik gaan om Vlaams aan te leer.

SA Rugby was al oor transformasie by die Internasionale Rugbyraad in die sop omdat rugby, soos die meeste sportkodes, rassisme verbied. Wat die een as transformasie versuiker, is vir die ander rasgedrewe kwotas, en diskriminasie teen presteerders van die sogenaamde verkeerde ras.

Dit is bykans onmoontlik om werklike nie-rassigheid te bereik so lank as wat rasbeheptheid die ingesteldheid lei. Daar word wel dikwels gehoor dat swart per definisie nie rassisties kan wees nie, dat swart bewussyn ‘n positiewe kenmerk is, maar die teenargument is dat dit juis op ‘n toppunt van rassisme dui.

безмасляные компрессоры ценаАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.