Bekamping van korrupsie elkeen se verantwoordelikheid

Deel op

Dit is nie ongewoon dat ‘n enkele koerant tot ses berigte op ‘n dag oor korrupsie dra nie.

‘n Tipiese voorbeeld: In ‘n berig vra Volksblad vandag vrae oor wat van ‘n voltooide polisiedossier geword het wat oor die besoedeling van die Valsrivier by Kroonstad geword het. Daarnaas is ‘n berig oor vermeende korrupte aanstellings in die Weermag, en daar bo ‘n berig oor die regering wat uiteindelik verskeie myne wat glo landswette oortree, gewaarsku het. Die media berig al maande lank oor verdagte mynbedrywighede.

In nog ‘n berig op dieselfde bladsy blaas Cosatu vuur oor wat hy die grootste korrupsie oor die lug noem, oor belastingbetalersgeld wat vir ‘n radioprogram oor dienslewering in die Wes-Kaap gebruik is, en eis ‘n verskoning van mev. Helen Zille.

Op ‘n ander bladsy waarsku Martin Weltz, redakteur van Noseweek, dat Suid-Afrikaners heeltemal te verdraagsaam oor korrupsie geword het. Hy meen die grootste vrees is dat bedrog so alledaags geword het dat die publiek dit nie meer vreemd vind of bevraagteken nie. In die berig daarnaas beskuldig Cosatu die ANC daarvan dat dit nie die nodige erns of dringendheid aan die dag lê om te keer dat ‘n magtige roofdier-elite die land leegtap nie.

In die redaksionele hoofartikel meen Volksblad dat die wapenskandaal-klug voortduur, en verwys in dié verband na die flou Valke. Die sub-hoofartikel handel oor krieketknoeiery.

In die sake-gedeelte verskyn ‘n berig oor die mededingskommissie se verhoor van die sogenaamde pypkartel, en die eerste getuie is ‘n fluitjieblaser wat afgedank is.

Nog ander berigte sou ook by die lys toegevoeg kon word.

Verskeie onheilspellende aspekte word uitgelig: Weltz is reg as hy meen verdraagsaamheid oor korrupsie hou ‘n groot gevaar in. So lank as wat die staat nie fluitjieblasers behoorlik beskerm nie, soos wat die wet vereis – gaan baie mense weens hul blootgestelde posisies ‘n blinde oog op die euwel werp.

Dat korrupsie die omvang kon aanneem sonder dat die regering lank reeds in ‘n verkiesing getuimel het, is ‘n aanklag op die politieke volwassenheid van die kieserskorps.

Ten slotte, dit onderstreep die belangrikheid van uitdrukkingsvryheid en mediavryheid. So lank as wat die media as die gewete van die land kan optree, kan die kiesers nie die skouers optrek en sê hulle het nie geweet nie.

Nie in ‘n land waar sowat tagtig persent van die inwoners aandui dat hulle Christene is nie.

мокрый ротор купитьтопкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.