Zuma waarskynlik in Natal genomineer

Deel op

Image

Bring my my presidensi?le serp…

Die ANC in KwaZoeloe-Natal gaan waarskynlik vir Jacob Zuma as die volgende president nomineer hoewel die uitvoerende komitee nog nie ‘n kandidaat wil benoem totdat die partytakke hul besluit bekend gemaak het nie. Daar is ongeveer 300 takke van die ANC in die provinsie.

Deel op

Die ANC se provinsiale sekretaris, Senzo Mchunu, het gister gereageer op ’n City Press-berig verlede Sondag dat sekere lede van die provinsiale bestuurskomitee Zuma se ondersteuners uitgedaag het om te bewys dat provinsiale strukture reeds in Januarie 2005 hul steun aan Zuma sou toegesê het.

Mchunu het gesê dat die provinsiale bestuur eers “amptelik” ’n kandidaat vir die presidentskap kon benoem as ANC-takke op hulle kandidate besluit het en slegs ná ’n vergadering van die provinsie se elf provinsiale streke teen die einde van Augustus of in September sou besluit om Zuma te nomineer.

’n Dosent in staatsleer aan die Universiteit van Kwazoeloe-Natal, Lawrence Piper, meen dat die perspepsie van buite bestaan dat die ANC-leierskap in die provinsie agter Zuma verenig is, maar dat daar in werklikheid reeds geruime tyd verdeeldheid tussen ’n pro- en anti-Zumafaksie bestaan.

купить свитер на девочку с орнаментомданильченко юрій броніславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.