Só word die land geplunder

Deel op

Ek het vanoggend met ‘n baie goeie vriend wat op die Natalgrens woon, gehoor hoe die land geplunder word tot op die laagste vlak! Hy vertel my dat omdat ons in die stad woon, en nie een van die swart tale magtig is nie, besef ons nie hoe hulle skelmstreke werk nie. Wanneer dit by skelmstreke kom, dan het die swartes dit al klaar haarfyn uitgewerk!

Die land het net ongeveer 5,5 miljoen belastingbetalers, maar daar is 11 miljoen wat uit die staatskoffers toelaes kry in een of ander vorm. Vir elke kleintjie wat die swartes teel, is hulle geregtig op R250-00 toelae, maar dit is nie die einde nie. Die skoolkinders sien hierdie as ‘n bron van inkomste en dan word hulle swanger om die R250-00 toelae te verkry. Maar, dit is nie die einde nie! Die pa, ma en die ganse familie woon saam onder een dak in een woning. Dan, registreer die ma haar telg om die toelae te kry en die pa, wat ‘n ander van as die ma het, registreer ook dieselfde telg vir die R250-00 Staatstoelae (Social Grant). Dus kry hulle nou R500-00 vir dieselfde kind.

Dit eindig egter nie daar nie! Nou kom die werklose oumas van beide die pa en die ma van die kind, en vra vir ‘n “Foster Grant” vir dieselde kind, want die pa en die ma is glo in die stad en hulle is werkloos en moet vir die kind sorg. Nou ontvang hulle elk ‘n “Foster Grant” van R850-00 vir dieselfde kind. Dit beteken nou dat hulle R2200-00 kry vir elke telg wat hulle het. In die meeste gevalle bly hulle net teel vir die inkomste en as daar bv 5 kleintjies is, dan is die inkomste aansienlik.

As een van die kinders dalk sterf, dan bly hulle voortgaan om die toelae te trek, of hulle registreer net die dood van “een” kind, alhoewel hulle twee toelaes kry vir dieselfde kind.

Ek het ook gehoor hoe van die bekendste firmas wat gebottelde water verkoop, se water vermoedelik alles behalwe suiwer is. Die waterbronne is in Paulpietersburg en daar word dit by die bron gebottel en na die kleinhandelaars vervoer. Maar, net bokant die waterbronne waar dit gepomp word, sit die Dumbe Township. Daar is geen munispale rioolstelsel nie en  net “longdrop”-atrines. Die vraag is: Hoeveel van Dumbe se riool sypel in daardie waterbronne? Ek glo niemand ken die antwoord nie, want soos ons almal weet, is daar amper glad nie meer monitering en inspeksies van gesondheidswette nie!

установка радиаторов отопленияФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.