Duitse herrie oor bankier se uitlatings oor Turke en Arabiere

Thilo Sarrazin
Deel op

Thilo Sarrazin‘n Raadslid van die Bundesbank, die Duitse reserwebank, loop gevaar om afgedank te word as gevolg van sy uitsprake oor Turke, Arabiere en ander immigrante. Thilo Sarrazin (64), ‘n voormalige minister van finansies van die Berlynse deelstaat, het op 30 Augustus ‘n boek gepubliseer met die titel, Deutschland schafft sich ab (Duitsland skaf homself af), waarin hy omtrent elke taboe in die polities korrekte boek oortree.

Volgens Sarrazin, is daar neigings onder Duitsland se Moslembevolking om nie te integreer en om meer op welvaartsbetalings staat te maak as om produktief te wees. Hy het ook bereken dat hul bevolkingsgroei teen sy huidige tempo dié van die Duitsers binne ‘n enkele geslag kan oorweldig. Hy stel streng hervormings van die welvaartstelsel voor om dit te verhoed. Die boek het binne die eerste paar dae so ‘n opskudding veroorsaak dat dit reeds ses keer herdruk moes word.

‘Joodse gene’

Verdere olie op die vuur sy onderhoud in Welt am Sonntag waarin Sarrazin beweer het dat “alle Jode ‘n sekere geen in gemeen het net soos wat alle Baske ‘n sekere geen met mekaar deel en wat hulle van ander mense onderskei”. Sarrazin het intussen effens hieroor teruggekrabbel deur te sê dat hy niemand wou irriteer nie, maar het verduidelik dat sy mening oor Jode gegrond was op ‘n berig wat in die Frankfurter Allgemeine Zeitung verskyn het waarin verwys word na ‘n onlangse studie deur Gil Atzmon en ander wat in die American Jounal of Human Genetics gepubliseer is.

Sarrazin is ‘n lid van die links SPD-party en vele van sy medepartylede wil hom nou vanweë sy polities onkorrekte uitsprake laat skors. Hy het egter sy vyande uitgedaag deur te sê: “Ek sal tot my sterwensdag aan die SPD behoort.”

Daar word ook intens gespekuleer dat Sarrazin by sy werk afgedank mag word. Dit sal egter nie so maklik wees aangesien slegs die president van Duitsland in staat is om ‘n raadslid van die Bundesbank af te dank. Tensy die president deur die bank se bestuur oortuig kan word om hom af te dank, kan hy nog tot 2014 in sy pos aanbly.

Die voorsitter van die Bundesbank, Axel Weber, het egter gesê dat Sarrazin “aansienlike skade” aan die organisasie se reputasie aangerig het. Die bank het veral beswaar teen sy uitlatings dat “twintig persent van Berlyn se bevolking oorbodig is. ‘n Groot aantal Arabiere en Turke in hierdie stad, wie se getalle weens verkeerde beleid toegeneem het, het geen produktiewe funksie nie behalwe om groente en vrugte te verkoop.” Volgens Weber moet “elke werknemer homself afvra of die bydrae at hy tot die instelling lewer in werklikheid tot die vooruitgang van daardie instelling bydra of nie.”

Terwyl politici oor die hele politieke spektrum hulself van Sarrazin se menings gedistansieer het, ontvang hy heelwat steun van die publiek en van hoofartikels in Duitsland se invloedrykste koerante.

Die Frankfurter Allgemeine Zeitung verklaar: “Die kanselier en die president… het ‘n bastion van onafhanklikheid in ‘n skoothondjie verander en ‘n boek in ‘n staatskwessie verander. Dis kennelik onmoontlik om meer beskeie in Duitsland te reageer as iemand die feëverhaal aan die kaak stel dat alles wel is met immigrasie en integrasie.

As ‘n martelaar vir meningsvryheid en ‘n hoofgetuie vir aanklagte wat deur breë lae van die sameleweing gemaak word, gaan Sarrazin vir ‘n lang tyd by hulle spook. Ontstoke kommentaar deur diegene soos die minister van binnelandse sake wat beweer dat die probleme wat deur Sarrazin beskryf word reeds lank bekens is, klink na ‘n grap in die ore van baie mense: as die probleme so lank bekend is, waarom is so min gedoen om hulle op te los?”

Die Sudddeutsche Zeitung beweer op sy beurt: “Dit gaan waarskynlik Sarrazin se gewildheid laat toeneem. Die diepte en breedte van die steun wat Sarrasin se argumente in die meningsopnames geniet, maak dit duidelik dat Duitsers regoor die politieke spektrum ongemaklik met die huidige integrasiesituasie voel…”

‘Rassisme’

Die Duitse adjunkkanselier Guido Westerwelle het egter vir Sarrazin daarvan beskuldig dat hy haat opstook. “Opmerkings wat rassisme of selfs anti-Semitisme voed, het geen plek in ons politieke gesprek nie,” het hy gesê.

Nog ‘n lid van die Duitse kabinet, die verdedigingsminister Karl-Theodor zu Guttenberg, meen die bankier “het die grense van provokasie oorgesteek”.

Die Duitse kanselier Angela Merkel het Sarrazin veroordeel vir sy “dom en sinnelose” verklarings.

Maar sy het toegegee dat verbeterings in die onderwysstandaarde van immigrantegemeenskappe nodig is.

“Die sleutel is om die Duitse taal te bemeester. Indien ons dit bevorder en vereis, dan sou diegene wat in Duitsland kom woon enorme geleenthede hê en sou hulle ons lewens verryk,” het sy gesê.светильник потолочныйпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.