Regering verhoog loonaanbod

Deel op

Suid-Afrika se regering het ‘n nuwe loonaanbod aan stakende staatsamptenare ingedien, het die minister vir staatsdiens en administrasie Richard Baloyi se woordvoerder, vandag gesê.

“‘n Konsepkikkingsooreenkoms van 7,5% en R800 [maandelikse] behuisingstoelae is op die tafel,” het Dumisani Nkwamba aan die SAUK-radio gesê.

Die regering het sy loonaanbieding aan vakbonde verhoog wat 1 300 000 stakende staatswerknemers verteenwoordig, het ‘n bron Maandag verklaar, in ‘n poging om ‘n staking wat Afrika se grootste ekonomie bedreig te beëindig.

‘N Reuters-bron het voorheen verkeerdelik die aanbod as 8% aagedui.

Die regering het sy aanbod vir ‘n loonverhoging van 7% tot 7,5% en vir ‘n maandelikse behuisingstoelaag van R700 tot R800 verhoog.

Die aanbod geskied nadat president Jacob Zuma ministers gebied het om onmiddellik te onderhandel oor die byna drie-week-lange staking wat gesluit skole laat sluit het, verhoed het dat behandeling by hospitale plaasvind en beleggersentiment geskaad het.

Vakbonde eis ‘n salarisverhoging van 8,6% en ‘n R1000-behuisingstoelae. Selfs as die regering sy aanbod verhoog na iets meer aanvaarbaars, gaan die vakbonde waarskynlik nie vinnig reageer nie aaangesien hulle genoodsaak sou wees om hulle lede op voetsoolvlak te raadpleeg.

‘n Vroeë einde aan die stakings?

Die regering en vakbonde is steeds betrokke by onderhandelings wat vroeg vamdag kan eindig, het die amptenare gesê.

Die minister vir staatsdiens Richard Baloyi in ‘n verklaring voordat die regering begin onderhandel het gesê dat hy ‘n nuwe aanbod ter tafel lê, dog sonder meer inligting te gee. Tot dusver het die regering gesê dat hy nie kan bekostig om die eis vir ‘n verhoging van meer as dubbel inflasie toe te staan ten einde die staking te beëindig nie, terwyl die staking dreig pm verder deur die land se ekonomie te versprei.

Zuma se woordvoerder het gesê die president was veral bekommerd oor die staking se uitwerking op gesondheid en opvoeding.

“Die president is van mening dat die staking so gou as moontlik moet eindig, binne die volgende paar dae,” het Zizi Kodwa gesê en bygevoeg dat Zuma met die regering oor die naweek gepraat het en die ministers aangesê het om gesprekke te hervat.

Suid-Afrika se grootste staking sedert 2007 in terme van verlore dae het effekte, aandele en die rand grootliks onbeïnvloed geltaat, maar mark spelers het gesê dat die staking winste deur die rand sou beperk en ‘n groter impak kan hê indien dit voortsleep.

Begrotingskommer

Ontleders verwag dat Zuma en die regerende African National Congress (ANC), wat gewoonlik aan werkerseise toegee, gou ‘n ooreenkoms sal bereik wat ten gunste van die vakbonde sou wees en later oor die skade aan die staatsbesteding sou bekommer.

“Polities is dit voordelig vir Zuma omdat hy tans in ‘n penarie met die vakbonde verkeer,” sê Susan Booysen,’ n politieke ontleder by Wits-niversiteit.

“Die land het reeds ‘n hoë begrotingstekort. Die styging kan tot hoër belastings lei soos wat die regering probeer om sy boeke te laat klop.”

Die staking het ‘n skeuring laat verdiep in die regerende alliansie tussen Zuma se ANC en die land se grootste vakbondfederasie Cosatu, wat hom gehelp het om aan die mag te kom, maar teleurgesteld dat hy nie meer linkse beleid invoer nie.

Die vasteland se grootste ekonomie is getref deur ‘n reeks stakings in die private en openbare sektore oor die afgelope paar maande, wat tot skikkings bokant die inflasiekoers gelei het.

Ander dispute

In ander geskille, het die werknemers by die myn Exxaro ‘n 8%-verhoog verwerp en’n staking by ‘n titaanmyn, wat ‘n Rio Tinto-BHP Billiton-gesamentlike onderneming is, het bedrywighede Maandag laat sluit.

Cosatu het gedreig het om die staking hierdie week na al sy geafillieerde vakbonde uit te brei, wat volgens ongeveer twee miljoen mense verteenwoordig.

Werknemers in nywerhede waaronder mynwese gaan Donderdag van vir ‘n dag van die werk wegbly terwyl Cosatu dreig met langdurige arbeidsoptrede wat die ekonomie tot stilstand kan bring tensy ‘n skikking met die staatsdienswerkers bereik word.

Suid-Afrika is die wêreld se vierde grootste goudprodusent en die grootste platinumprodusent, met myne wat oor die 488kg goud en 385kg platinum per dag produseer.

Die land se grootste maatskappye, soos Anglo Platinum, Impala Platinum en Harmony Gold Mining, het voorraad van die edelmetaal en sou nie swaar getref word as dit deur ‘n eendagstaking nie.

Enige ooreenkoms om die staking te beëindig sal waarskynlik uitgawes met 1 tot 2% verhoog terwyl die staat juis fondse probeer vind om ‘n begrotingstekort van altesaam 6,7% van die bruto binnelandse produk te verlaag.

treasures of egyptданильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.