De Klerk poog om sy aansien te red

Deel op

FW de Klerk se verraad teenoor die Afrikanervolk het absuluut geen einde nie , soos blyk uit vandeesweek se onderhoud met hom, Verraaier? Daai naam pla hom nie. Met die land op die punt van anargie en totale verval poog hy weereens om in te gryp en nogmaals die Afrikaner te probeer misbruik om die swart ANC van hulle eie onvermoë te red.

Die Afrikaners moet nou bydra vir ‘n Afrikaanse universiteit – dink die man hy gaan ons paai met so n onnosel voorstel – of dink hy ons is onnosel?

‘n Foto van sy ma langs sy lessenaar? Sy geliefde Latynonderwyser onthou – terwyl hy net oor Latyn 1 beskik? Wat ‘n teenstrydige belaglikheid.

Ek haal mnr Murray La Vita aan: “Die federalisme van die grondwet is in gevaar; die vryheid van die pers is in gevaar; die vryemarkekonomie is in gevaar; en die onafhanklikheid van die regbank is in gevaar.” Lig mnr FW de Klerk in dat hierdie kwessies nou tienvoudig vererger is deurdat hy sy land en volk met sy verraad vernietig het.

Mnr de Klerk se kanker het niks met die prys van eiers te doen nie; daar is miljoene wat daaraan ly – nie net hy nie. Waarvan hy wel kan kennnis neem, is dat hy daartoe bygedra het om die eerstewêreldgesondheidsorg, wat kankerlyers hier kon kry, te vernietig.

Dus is sy opmerking dat God hom gespaar het om nog ‘n bydrae te lewer totaal verwarrend. Bedoel hy dat die land nie al genoeg vernietig is nie?

FW de Klerk se mening dat die ANC gaan skeur en dat hulle hom nie vertrou nie  is heel begryplik – wie sal n man vertrou wat sy eie volk en vrou verraai het?

Dat sy vrou ooral saam met hom gaan, raak ook al hoe moeiliker om te glo want niemand sien haar saam met hom hier plaaslik nie.

Natuurlik sal sy Griekse vrou hier bly om sy pensioen te kry – hopelik teen daardie tyd nie meer met die Afrikanermelkkoei se inkomste nie – wat die kanse op ‘n pensioen aansienlik gaan verminder.

Mnr FW de Klerk moet die veragting van die Afikanervolk maar nou aanvaar as ‘n gegewe. Nie een sal hom ooit weer ‘n voet in die deur gee nie – veral nie diegene wat hy bedrieg het met sy dubbelsinnige leuenagtige praatjies waardeur hulle oorreed is om ja te stem nie.

детская кухнядепутат лобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.