Die Kantonfederasie

Die verwoesting en verlies aan menselewens tydens die Tweede Wêreldoorlog het die internasionale gemeenskap gedwing om sekere maatreëls in te stel wat op alle lande van toepassing sal wees om ‘n herhaling van WO2 se menseslagtings te voorkom.

Die selfbeskikkingsbegrip het as internasionale norm sy beslag gekry om vrede en stabiliteit in multi-etniese state te verseker.  Selfbeskikking moes as die internasionale regsraamwerk vir die herordening van state dien en was meelopend met ‘n program van dekolonialisasie.  Aanvanklik was selfbeskikking gemik om kolonies van hul vorige heersers te bevry, maar algaande het dit breër aanvaarding gekry.

Maar wat beteken die begrip van selfbeskikking?

Verskeie definisies word daaraan gegee, soos: “die keuse om volgens eie vrye oordeel en sonder enige inmenging of dwang op te tree. Selfbeskikking is dus die reg wat die bevolking van ‘n spesifieke gebied besit om sy politieke status en regeringsvorm self te bepaal.”

Territoriale selfbeskikking is dus die politieke onafhanklikheid van ’n volk wat in ‘n bepaalde gebied oftewel as soewereine staat woon en deur ander lande aanvaar en erken word.  Dit word as eksterne selfbeskikking beskou.

Maar daar is ook interne selfbeskikking, soos:

“Die begrip dat bevolkingsgroepe met ‘n onderskeidende kultuur en identiteit hul eie politieke sake en gemeenskaplike heil self kan bepaal.” Dit is veral van toepassing vir bevolkingsgroepe wat diaspories in ‘n land verspreid is.

Volgens die literatuur verwys hierdie reg egter na spesifieke menseregte soos gelykheid voor die reg, die reg op ‘n nasionale identiteit, om vrylik te mag kom en gaan, die reg op vryheid van vervolging weens ras, godsdiens, geslag en die vryheid om eie kultuursake soos onderwys, erfenisse gesondheidsorg ens., te bevorder en uit te brei. Dit kom neer as die uitoefening van individuele menseregte wat deur enkelinge binne groepsverband met volksgenote uitgeoefen word.

Die beginsel van selfbeskikking is baie breed en sluit eksterne sowel as interne selfbeskikking in.  Die hoofverskil tussen die twee is dat met interne selfbeskikking deelnemende demokrasie binne die bestaande grense van ‘n staat uitgeoefen word, sonder om die territoriale integriteit van ‘n staat te benadeel, terwyl eksterne selfbeskiking buite die staatsgrense in ‘n soewereine staat geniet word.  Laasgenoemde word egter gewoonlik voorafgegaan deur bloedige konflikte wat dekades kan voortduur, hoofsaaklik vanweë ander state se weiering om so ‘n sesessie te steun of te erken.

‘n Juridiese spanningslyn wat twee pole verbind, het nou ontstaan tussen eksterne selfbeskikking wat inbreuk kan maak op ’n land se territoriale integriteit; ‘n begrip wat een van die hoekstene van die volkereg is. Die vraag is dus: weeg die reg van eksterne selfbeskking van ‘n minderheidsvolk, in die een pool, swaarder as die beginsel van territoriale integriteit van ‘n staat, in die ander pool?

Op 22 Julie vanjaar het die Internasionale Hof bevind dat Kosovo se eensydige onafhanklikheidsverklaring van Februarie 2008 die internasionale reg nie oortree het nie en het ten gunste van Kosova besluit in sy geskil teen Serwië.  Die uitspraak is egter nie bindend nie, want meer as ‘n 100 state moet Kosova se soewereiniteit erken voordat dit lid van die VN kan word.  Eers dan kan die Kosovare hulle op eksterne selfbeskikking beroep.  Tans het hulle die steun van nagenoeg 68 lande en het nog ‘n ent om te gaan voordat Kosova deur alle state as ‘n soewereine staat erken sal word.

Selfbeskikking word as ‘n fundamentele mensereg beskou wat onder die volkereg sorteer en wat universeel op dieselfde wyse toegepas moet word en kan dus nie deur ‘n land se grondwet gekortwiek word nie. In regsterme staan dit as erga omnes bekend wat universeel vir alle volke en state geld. Die bepaling in Hoofstuk Twee van die Suid-Afrikaanse Grondwet dat Suid-Afrika een onverdeelde land is, is dus slegs ‘n huishoudelike politieke bepaling en verhoed die land se volke nie om hul eie onafhanklikheid eensydig te verklaar nie.  Om die NSA-regering se goedkeuring daarvoor te kry, skryf die Grondwet ‘n bepaalde prosedure voor wat gevolg moet word.

Internasionale protokolle verwys na ‘peoples’ oftewel volke aan wie se lede die kollektiewe reg op selfbeskikking verleen word en wat deur die vrye wil van lede van so ‘n volk uitgeoefen mag word.

Daar is egter haas geen land wat nie deur veelvoudige volke bewoon word nie.  In die meeste lande word dieselfde  grondgebied deur verskillende volke bewoon wat hulle teoreties dan mag opeis; ‘n absurde toestand.

Vir die doeleindes van eksterne selfbeskikking word ‘n Volk gedefiniëer as “al die inwoners van ‘n bepaalde territoriale eenheid wat hul eie grondgebied opeis”.

Om ‘n volkstaat te probeer opeis oor ‘n gebied wat nie deur die eisers beset is nie, is dus onwerklik, onwerkbaar, onprakties en strydig met die volkereg.

Die VN resolusies rakende eksterne selfbeskikking sluit dus nie verspreide etniese groepe in wat nie gebiedsgebonde volke is nie, want ‘n volk word beskou as die hele bevolking van die gebied wat opgeëis word. Binne hierdie verband kan Afrikaners, wat ‘n verspreide  etniese groep is, dus nie sesessie pleeg nie; ook nie hul eksterne selfbeskikkingsreg opeis tensy hulle ‘n meerderheid binne ‘n bepaalde gebied is en die meerderheid sou wou afstig.  Hoewel die Franssprekende Quebec op sesessie aandring en welliswaar ‘n groot meerderheid in Quebec is, kon hulle nog nie daarin slaag om ‘n meerderheid tydens referendums te verkry nie.

Die internasionale gemeenskap en die volkereg verskaf dus min ruimte vir eksterne selfbeskikking, aangesien die term “Volk” van toepassing is op al die inwoners van die gebied wat onder dispuut is.

Mense wat my goed ken weet dat ek nie vat kan kry aan die idee dat ‘n stuk grond afgebaken en opsy gesit moet word waarheen Afrikaners kan trek om eers ‘n volk te stig, en waar daar hopelik oor ‘n dekade of vyf ‘n volkstaat geproklameer kan word nie.  Voor 1994 sou soiets nog moontlik gewees het, maar daana is dit bykans onmoontlik.  Daardie toekomsbeeld kan dus nie as prakties uitvoerbaar beskou word nie.  Daarom deel ek ook nie dieselfde entoesiasme as mede-afrikaners daarvoor nie.

Die voorbeeld van die Groot Trek word as model voorgehou, waar die Voortrekkers deur durf en daad die Boererepublieke in leë gebiede gestig en bevolk het.

Tydens die Groot Trek was die situasie egter heeltemal anders.  Die binneland was betreklik leeg met ‘n bevolking van minder as twee miljoen swartes in die hele subkontinent.  Die totale swart bevolking van Suid-Afrika was veel minder as ‘n kwart van Soweto se inwonertal vandag.  Verswarting was dus nie ‘n probleem gewees nie.  Buitendien was die meeste swart stamme hoofsaaklik om hul eie kultuurgebiede gekonsentreer.  Hul onderlinge gevegte en endemiese siektes het hul getalle waarskynlik ook laag gehou.

Vandag sit die NSA met ‘n swart bevolking van meer as 40 miljoen.  Vandag kan jy in jou viertrek bakkie die verlatenheid inry en kamp opslaan en binne 24 uur sal swartes daar opdaag op soek na werk.

Ek het vantevore geskryf dat ‘n nuwe volkstaat in ‘n leë gebied ekonomies gedrewe moet wees, en dat dit soos ‘n reusagtige eiendomsontwikkelings projek ontwikkel sal moet word.  Plekke in Kaapland was as voorbeelde uitgewys.

Met enkele uitsonderings na was die reaksie daarop verstommend negatief. Die rede was waarskynlik dat ek tot die kern van die probleem deurgedring het.  Verreweg die meeste Afrikaners is nie bereid om vir ‘n nuwe volkstaat te werk of te stry nie. Baie soek na ‘n leier wat dit namens hulle sal doen. Daar sal wel enkeles wees wat bereid is om te skiet, maar dan raak hulle verstrengel in die kompleksiteit daarvan: Die die vraag, wie die vyand werklik is, bly onbeantwoord.

Oor ‘n lang tydperk beywer ek my reeds vir ‘n Afrikanerowerheid (AO), wat die pad na vryheid moet ondersoek en plaaslik en internasionaal leiding sal gee.  Deurdat die volkereg vereis dat ‘n volk  die meederheid van ‘n bepaalde territorium moet uitmaak voordat daar eers aan eksterne selfbeskikking gedink kan word, wil ek nou ‘n alternatiewe opsie behandel.

Die bekende en voorheen goed beredeneerde opsies was (a) om die gebied rondom Pretoria Noord en Oos op te eis en (b) om ‘n kraaknuwe volkstaat in die Noordwes Kaap te gaan stig waar ‘n nuwe volk eers gestig sal moet word.

Daar is ‘n ook derde opsie.  Ek sal dit ‘n Kantonale Federasie noem.  Van die drie opsies wil dit vir my voorkom dat dit dalk ‘n werkbare model vir Afrikaners se staatkundige ontwikkeling kan wees, beide vanuit ‘n politieke  en ekonomiese oogpunt.

Die uitgangspunt is dat Afrikaners nie na ‘n nuwe gebied sal trek nie en dat hulle ook nie die finansiële vermoeë het om vir die huise en nuwe  infrastruktuur te betaal nie.  Derhalwe bly hulle net waar hulle is, neem die plaaslike bestuur de facto oor,  Daarna kan hulle derdevlak dienste verskaf wat deur eie belastingsgeld befonds word.

Van die ongeveer 285 munisipaliteite in die land doen bykans  230 dit dus reeds.  Deur middel van erkende hofprosedures, wat deur die plaaslike belastingbetalersverenigings (BBV) gereël word, word ‘n dispuut met die munisipaliteit verklaar en erfbelastings weerhou en in ‘n trustfonds gestort. Daarna  word die werk deur ervare en behoorlik opgeleide mense verrig wat deur daardie belastrings befonds word.  Die bestek van die werk word algaande uitgebrei om ook beveiliging, skole, hospitale ens. in te sluit.

Tans is die fokus van BBV op derdevlak dienslewering, veral mbt water en riolering.  Soos hulle legitimiteit en erkenning verkry, kan ‘n tradisionele wit dorp as ‘n Kanton beskou word, wat algaande sy staatkundige ontwikkeling tot wasdom deurgaan.  Interne selfbeskikking word dan ‘n harde werklikheid.  Die swart dorpe binne ‘n Kanton sal dan as NSA-protektorate beskou word, want die landelike gebiede rondom die wit dorpe is die  Kanton se tradisionele hinterland.  Vir dienslewering aan daardie swart dorpe kan die Konton op ‘n agentskapsbasis deur die staat befonds word, want die huidige munisipailteite is almal so te sê bankrot en kan nie veel langer so aangaan nie.

Op ‘n federatiewe wyse skakel die Kantonne dus aanmekaar deur ‘n Afrikanerowerheid wat deur afgevaardigdes vanuit die kantonne op ‘n kiesafdelingsbasis beman word.

Die voordeel van hierdie stelsel is dat die bestaande bates van Afrikaners behoue sal bly, dat die dorpe nie tot niet gaan nie, dat daar nou met die plaaslike swart bevolking geskakel word en dat vooruitstrewende Kantons vinniger hul selfbeskikking sal kry.

Daarmee verdwyn die struwelinge oor ‘n bestemde grondgebied.  Afrikaners word op voetsoolvlak gemobiliseer, deur ‘n  werkbare plan  wat trapsgewys hul vryheid sal verseker en hul omgewing weer leefbaar sal maak.

Die nadeel is dat hulle steeds burgers van die NSA sal bly.

Maar ons moet onthou dat die ANC nie vir baie dekades gaan regeer nie, want die toekoms is nie ‘n reglynige voortsetting van die  hede nie.

Die Kantonfederasie is dalk nie so ‘n slegte idee nie.

объемный декор стен своими рукамиАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.