Springbokrugby: Van Coetzenburg na die Kaapse Vlakte

Deel op

Sedert die Engelse in die laat 19de eeu die Kaapse kolonialers leer rugby speel het, het rugby in SA maar altyd ‘n speelbal geword vir politieke ideologieë.

Die Britte glo tot vandag toe dat die Springbok-nederlaag teen die 1974-Britse Leeustoerspan van Willie John McBride, die einde van apartheid ingelui het.

Soos met apartheid, het Stellenbosch hulself die vorige eeu aangestel as kulturele voogde en rugbydenkers vir SA.

Dr. Danie Craven het by geleentheid glo al gestel dat Matierugby op Coetzenburg die toekoms van Springbokrugby bepaal.

Dit is ongelukkig so dat rugby ‘n kultus onder Afrikaners geword het, en dat rugby gebruik kan word om Afrikaners aan die neus rond te lei. Tans word rugby gebruik vir die skep van ‘n kunsmatige groep “Afrikaanses” wat ‘n plek vir hulself moet vind in ons falende staat.

Noudat die soveelste loesing van die Springbokke bekend is, kan ‘n paar opmerkings oor Saterdag se wedstryd gemaak word:

  1. Die vol stadion van ongeveer 90 000 mense (hoofsaaklik wit en bruin) getuig daarvan dat rugby al meer ‘n ontvlugting bied vir Afrikaanssprekendes van die realiteite van diskriminasie in ons korrupte samelewing, ‘n alternatiewe Angus Buchan-ervaring.
  2. Die bevooroordeelde kommentaar van John van Rensburg wat begin het met “die vreesbevange uitdrukking op die gesig van Richie McCaw”, en verder die skeidsregter geblameer het vir die Springbokke se tweederangse rugby.
  3. Die groep “awesome Afrikaanses” waaronder die meeste oud-Springbokkommentators, wat glo jy kan normale sport beoefen in ‘n abnormale samelewing. Hulle verstaan eenvoudig nie dat as jy meriete met ‘n politieke ideologie vervang, jy ‘n resep vir verloor het nie.
  4. Die rede vir SA se skokkende misdaadsyfers en gebrek aan wet en orde raak ook duidelik as jy Suid-Afrikaners se benadering tot verloor op die sportveld aanskou. Soos by misdadigers, is dit altyd iemand anders se skuld, in hierdie geval die skeidsregter s’n. Ons moet seker bly wees apartheid kry nie die skuld hiervoor nie.
  5. Ons moes Saterdag die patetiese figuur van John Smit aanskou op televisie, wat nie toegelaat is om in ere af te tree 3 jaar gelede nie, want Pieter de Villiers wou nie ‘n Afrikaner as Springbokkaptein hê nie.

Dit gaan die volgende paar weke interessant wees om die skadebeheer van SA Rugby te aanskou, want die rugbykapitaal van Jake White is opgebruik.

Moenie verbaas wees as die hele wêreld, behalwe Pieter de Villiers, hiervoor deur die media nie geblameer word nie.

Miskien sal die media nou ook beter verstaan waarom meeste Afrikaners maar louwarm oor hul persvryheid is.

accessories for weddingлобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.