Blanke vakunie sluit by staking aan

Deel op

Onderwysers wat aan die hoofsaaklik blanke Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) behoort, gaan aanstaande week by die landwye staatsdiensstaking aansluit, het die unie gister in ‘n verklaring gesê.

“Die SAOU het op hierdie drastiese stap besluit nadat 87% van lede die staat se jongste aanbod van ‘n algemene salarisaanpassing van 7% en ‘n behuisingstoelaag van R700 per maand verwerp het tydens ‘n stemming deur lede,” het die unie gesê.

Die unie, wat onderwysers van die vorige model C-skole insluit, gaan Maandag by die staking aansluit.

Die SAOU het geweld en skade aan eiendom deur ander vakbonde veroordeel.

“Barbaarse optrede soos wat ons oor die afgelope week gesien het, kan nie langer verdra word nie,” lui die verklaring verder.

Die unie het skoolbeheerrade gevra om leerlinge en onderwysers te monitor.

“Indien daar ‘n redelike risiko van intimidasie en beserings bestaan, moet die belange van die leerders en personeel in ag geneem word…,” het die unie gesê en bygevoeg dat skole nie “ten alle koste” moet probeer oop bly nie.

дитячі візочки львівтопкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.