Staatsdienswerkers begin met staking

Deel op

Staatsdienswerkers het Woensdag met ‘n landswye staking begin om op beter lone aan te dring en sê hulle geduld is besig om op te raak.

“Ons het geduldig probeer om die werkgewer te oortuig om ‘n hersiene aanbod aan te bied,” het Cosatu en die Onafhanklike Arbeidskoukus (ILC) Dinsdag in ‘n gesamentlike verklaring gesê.

“Die staking van staatsdiensvakbonde sal voortgaan totdat die werkgewer aan die werknemers se eise voldoen.”

Stakings sal by “al ons werkstasies” plaasvind terwyl massa-optogte regoor die land vir 26 Augustus beplan word.

Nomusa Cembi, woordvoerder vir die South African Democratic Teachers’ Union (Sadtu), het gesê dat meeste van hul 245 000 lede na verwagting aan die staking sal deelneem.

Sadtu het stakende onderwysers aangemoedig om nie ander te intimideer nie ná gerugte van ontwrigtings  van klaskamers in die Vaaldriehoek vroeër vandeesweek.

самовыравнивающиеся смеси купитьtopcargo кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.