President Mugabe het vandag sy weermag gemaan om Zimbabwe se natuurlike hulpbronne te beskerm, terwyl verkope van sogenaamde “bloeddiamante” deur Zimbabwiese soldate ondersoek word.
“My boodskap aan u vandag is om lojaal te bly teenoor u land en om sy onafhanklikheid, soewereiniteit en natuurlike hulpbronne jaloers te bewaak,” het Mugabe tydens ‘n toespraak aan troepe op die se land nasionale weermagdag gesê.
“Wees versigtig oor hernieude imperialistiese pogings om ons van die beheer van ons natuurlike hulpbronne te vervreem.”
Die weermag het onder internasionale kritiek deurgeloop nadat ondersoekers bevind het dat soldate statsbewoners dwing om diamante in die oostelike Marange-diamantveld te myn.
‘n Moniteerder van die globale diamanttoesigorganisasie, die Kimberley-proses, sal na verwagting die Marange-diamantgebied vandag besoek om te bevestig of vergrype beëindig is, op die vooraand van ‘n gemagtigde diamanthandeltransaksie wat môre in Harare sal plaasvind.
Die toesighoudende beampte van die Kimberley-proses, Abbey Chikane, het voorheen bevind dat Zimbabwe wel aan die minimum menseregtestandaarde voldoen, maar sy verslag het nie al die lede van die skema oortuig nie. Zimbabwe het tot dusver toestemming ontvang om twee verkooptransaksies vanuit bestaande diamantvoorraad aan te gaan.