Redakteurs publiseer deklarasie oor mediavryheid

Deel op

Die redakteurs van Suid-Afrika se vernaamste gedrukte publikasies het gister die volgende deklarasie in Engels uitgereik, wat hier deur ons vertaal word:

Ons die titelredakteurs van Suid-Afrika se vernaamste publikasies en lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum, is diep besorg oor pogings om spraakvryheid en die vrye uitwisseling van inligting in ons land te beperk.

Spraakvryheid en toegang tot inligting is die lewensbloed van ons demokrasie en ons verkeer in die waaragtige sentrum van die stryd om vryheid. Menswaardigheid is onlosmaaklik aan spraakvryheid verbind.

Ons is heftig gekant teen die beperkende artikels in die Wet op die beskerming van inligting en die voorgestelde Media-appèltribunaal.

Ons doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering en die heersende ANC om by die stigtingsbeginsels van ons demokrasie te hou en dié maatreëls te laat vaar.

Ons verbind onsself daartoe om met alle Suid-Afrikaners hande te vat wat hul vryheid na waarde skat en om hierdie basiese regte te verdedig wat in ons grondwet beliggaam is.

Ondertekenaars:

1.Ainsley Moos, Volksblad

2.Alan Dunn, Daily News

3.Alide Dasnois, Cape Times

4.Andrew Koopman, Son & Sondag Son

5.Andrew Trench, Daily Dispatch

6.Angela Quintal, The Mercury

7.Barney Mthombothi, Financial Mail

8.Bongani Keswa, Sowetan

9.Bun Booyens, Die Burger

10.Charles Mogale, Sunday World

11.Chiara Carter, Weekend Argus

12.Chris Whitfield, Editor-in-Chief, Independent Newspapers Cape

13.Clyde Bawden, The Independent on Saturday

14.Dirk Lotriet, Sondag

15.Ferial Haffajee, City Press

16.Fikile Ntsikelelo Moya, The Witness

17.Jeremy McCabe, Weekend Post

18.Gasant Abarder, Cape Argus

19.Heather Robertson, The Herald

20.Jovial Rantao, The Star

21.Liza Albrecht, Rapport

22.Makhudu Sefara, The Sunday

23.Martin Williams, The Citizen

24.Moegsien Williams, The Star

25.Mondli Makhanya, Editor-in-Chief, Avusa

26.Nic Dawes, Mail & Guardian

27.Peet Kruger, Editor-in-Chief, Media24

28.Peter Bruce, Business Day

29.Philani Mgwaba, Sunday Tribune

30.Phylicia Oppelt, The Times

31.Ray Hartley, Sunday Times

32.Thabo Leshilo, Avusa Public Editor

33.Themba Khumalo, Daily Sun

34.Tim du Plessis, Beeld

35.Thulani Mbatha, Isolezwe

36.Zingisa Mkhuma, Pretoria News

игры для дєвочєк кухняданильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.