Wat het van Kenmekaar-byeenkoms geword?

Deel op

Praag, op navraag is ek meegedeel dat die Kenmekaar-byeenkoms van Afrikanerorganisies wat vir Saterdag 7 Augustus in Pretoria beplan is, onbepaald uitgestel is.

 

Die doel van die konferensie was glo om gedagtes te wissel oor die beplande verkiesing vir ‘n eie Afrikanerowerheid volgende jaar.

Ek wou die vergadering bywoon as verteenwoordiger van Vrydenk Afrikaner Sekretariaat (VAS) maar kon geen inligting daaroor op die VVK-webblad kry nie. Daar was vroeer inligting oor waar en hoe, maar dit is blykbaar verwyder.

Ek het navraag by sekere instansies probeer doen, maar geen antwoord gekry nie, maar toe by iemand wat eintlik ook net een van die organisasies verteenwoordig, gehoor dat die byeenkoms uitgestel is. Volgens die inligting het sekere organisasies – glo veral uit die Vystaat en Kaapland – aangedui dat hulle nie bereid is om so ‘n byeenkoms by te woon nie tensy die vestiging van ‘n toekomstige volkstaat as ‘n teokrasie die enigste kwessie is wat bespreek sal word. M.a.w hulle is nie bereid om met organisasies te gesels wat nie ‘n teokratiese volkstaat voorstaan nie.

Kan diegene wat met die kwessie gemoeid was – ek glo Christo Landman was een van hulle – asseblief vir ons bevestig dat bogenoemde standpunt die rede vir die uitstel is?

строить банюФильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.