Vuurpyle tref Israel se Eilat-hawe

Deel op

‘n Vermoedelike kortafstandvuurpylsalvo vanuit die Egiptiese Sinaï, ‘n gebied waar Islamitiese militantes in die verlede aktief was, het Israel en Jordanië se Rooi See-hawens Maandag getref, het die Israeliese polisie gesê.

Daar was geen nuus oor ongevalle in die Israeliese hawe van Eilat nie, het die distrikshawehoof Moshe Cohen gesê en bygevoeg dat sy magte nog steeds probeer om te bevestig dat die vyf ontploffings wat in die oggend gehoor is wel deur granate veroorsaak is.

Cohen het aan die Israeliese Radio gesê dat twee van die verdagte vuurpyle of mortierbomme blykbaar in die see beland het, terwyl ‘n ander die nabygeleë Jordaanse hawe van Aqaba getref het.

Op ‘n vraag van waar die salvo gevuur is, het Cohen gesê: “Dit is ‘n bietjie vroeg om te sê, maar dit is redelik om te aanvaar dat dit uit die suidelike gebied afkomstig is.”

Hy het verwys na die naburige Egipte se Sinaï-woestyn van waar sporadiese geweld afkomstig is wat aan Islamitiese militantes toegeskryf word.

Ten minste een vuurpyl het Aqaba op 22 April getref, maar geen ongevalle veroorsaak nie. Amman het gesê dat die vuurpyl van buite Jordanië afgevuur is en die Israeliese media het gepraat van die Sinaï as ‘n moontlike lanseerpunt.

In 2005 is vuurpyle op Amerikaanse oorlogskepe in die hawe van Aqaba afgevuur, maar het hul teiken gemis het en ‘n Jordaanse soldaat op land gedood. ‘n Groep wat aanspraak maak dat hy bande met Al-Kaida het, het gesê dat hy vir die aanval verantwoordelik is.

Twee jaar later het ‘n Palestynse selfmoordaanvaller deur die Sinaï gesypel en drie mense by ‘n bakkery in Eilat vermoor.

Jordanië en Egipte is die enigste Arabiese state wat volle vredesooreenkomste met Israel het.

детские пазлы для девочекОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.