Plaaslike amptenare vrees dat hierdie tot ‘n nuwe Tora Bora kan lei – die naam van ‘n voormalige Afgaanse skuilplek vir Al-Kaïda.
Volgens ‘n senior veiligheidsamptenaar het Mohamed Said Atom, wat die wapen-verbod in Somalië oortree, sy basis in die Sanaag-berge opgerig.
Die Sjebab-rebellegroep wat aan Al-Kaïda verbind is, is hoofsaaklik in suidelike en sentrale Somalië aktief en spits hulle daarop toe om die regering in Mogadisjoe, wat deur die Weste ondersteun word, tot ‘n val te bring.
“Atam het bande met Al-Kaïda en verteenwoordig die Shebab in die omgewing,” het kol. Mohamed Jama, ‘n senior veiligheidsamptenaar van die Puntland-staat, gesê.
“Ons is besig om inligting te ontvang dat hy honderde Islamitiese rebelle in die dorpe rondom Sanaag Bari gemobiliseer het,” het Jama verklaar.
Volgens Jama het hul veiligheidsmagte voorberei om ‘n aanval teen dié terroriste te loods.