Rowers beroof kluis

Deel op
Drie gewapende rowers het die kluis by ‘n vulstasie in Mthatha gedurende ‘n rooftog Donderdagaand leeggemaak, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Volgens kol. Mzuksi Fatyela, polisiewoordvoerder, het die verdagtes omstreeks 20:15 by die Shell-vulstasie toegeslaan.

“Die verdagtes het almal beveel om op die grond te lê en die kassier beveel om die kluis oop te maak. Hulle het daarna van die toneel met die geld en een van die werkers se selfoon gevlug,” het Fatyela gesê.

Niemand is in die voorval beseer nie.

сауна кабиналобановский александр игоревич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.