Dept. van kuns en kultuur dreig oor De la Rey

Deel op

Image

Volgens die Suid-Afrikaanse Departement van Kuns en Kultuur loop Bok van Blerk se trefferliedjie, De la Rey, gevaar om deur  “verregses” gekaap te word. Hulle wil skynbaar Afrikaanssprekendes mislei deur hulle te laat glo dat dit ‘n proteslied is wat mense oproep om die geweer op te neem.

Deel op
“Dit sal verskriklik jammer wees as ‘n handvol misleide individue hoop om ‘n onskuldige liedjie te gebruik as ‘n vertrekpunt vir verraad”, lui die verklaring.
 
Met verwysing na die Boeremag waarsku die departement dat diegene wat hulleself met verraad bemoei, probleme met die gereg kan verwag.
 
Hulle beskou die liedjie bloot as “iets van geskiedkundige belang.”
Hulle wys voorts daarop dat Bok van Blerk die lied nie van toepassing op die huidige situasie maak nie en wens hom voorspoed daarmee toe. “Wie weet, as dit regtig goed is, mag dit dalk ‘n internasionale treffer soos Solomon Linda se Mbube word.”
 

траверсы дляданильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.