Die Afrikaner het ‘n kultuurprobleem

Deel op

Ek het ‘n B.Soc.Sc-graad in bedryfsielkunde en sosiologie aan Kovsies verwerf. Inaggenome die voortdurende ongewapende stryd van die Afrikaners wil ek net graag my mening lug en dalk vir u ‘n sinvolle opinie gee.

My Portugese oupa was die seun van ‘n Portugese vise-admiraal. Ons het al die ervarings wat julle nou deurmaak beleef alhoewel ons dit in ‘n baie korter tyd deurgemaak het. My oupa was die stadsklerk van Moçâmedes/ Namibe voor die oorgawe. Aan my ma se kant was my oupa ‘n Wallieser wat jonk dood is aan longkanker (waarskynlik weens slawearbeid in die Walliese steenkoolmyne). My oupagrootjie aan my ma se kant was ‘n Vrystaatse kommandolid wat vermoedelik eers oorgegee het nadat sy twee kinders dood is in Britse sorg (in die konsentrasiekamp).

Ek het maar tweede jaar staatsleer gevolg, maar my doesente het ingesluit dr Natie Luyt, dr Andre Duvenhage en Roy Jankelsohn.

Die grooste struikelblok in u stryd is die Afrikanerkultuur.

Uit ‘n sielkundige en sosiologiese oogpunt het die “Afrikanerkultuur” verskeie swakpunte. Die kultuur is gegrond op autokratiese sosiale en familielewe, ‘n redelik streng geloofsopvoeding en konstante druk om tot die groep se normes en waardes te konformeer.

Slegs ‘n besef van die doetreffende metodes om binne die politieke stryd die doel te bereik sal die korrekte en effektiewe optrede tot gevolg hê. Geen groep gaan sy belange beskerm en doelstellings bereik sonder effektiewe massabewuswording en -protes nie.

Die Afrikanerkultuur verskil van die Boerekultuur in dié sin dat konformering en groepsidentiteit die bydrae van die individu versmoor. Die antieke Grieke het geglo in uitgesproke debat; die moderne Afrikaners vind sulke debat onwenslik. Die Afrikaner sal sy denkwyse en kultuur moet aanpas by die konsep van ‘n bevrydingstryd. Sonder die bewuswording van die rol van kultuur en die verskeie optredes en funksies wat ‘n bevrydingstryd vereis, sal massamobilisering nie plaasvind nie. Afrikaners het nie die kultuur waaroor die Franse, Iere en ander Europese volke beskik nie. Die Afrikanerkultuur is ongelukkig baie leiersgerig en amper Messiaans.

Sonder die vestiging van ‘n besef en kultuur van individuele verantwoordelikheid en vermoë sal vordering nie na wense wees nie. Verantwoordelikheid itv die rol van die individu en die belangrikheid van protes en aksie.

‘n Groot geleentheid bestaan vir die Afrikaner wat betref samewerking met ander Europese groepe binne Suid-Afrika en oorsee. Die Afrikaners moet hul aandag fokus nie net op die binnelandse stryd nie, maar ook op die vestiging van bande met Europa. Inligting en propoganda wat steun in die buiteland werf, kan deuslaggewend wees net soos dit was tydens die Tweede Vryheidsoorlog en die Ierse onafhanklikheidstryd.

vampire school gameФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.