Nazi-Mickey is kuns sê Pole

Deel op

‘n Enorme buitemuurse kunsplakkaat wat ‘n beeld van Mickey Mouse met ‘n swastika en ‘n kaal vrou se lyf bevat, maak groot opspraak in Pole, waar die herinneringe van die lyding as gevolg van die Nazi’s nog ‘n teer kwessie is. 

Die plakkaat, wat in Junie naby ‘n sinagoge in Poznan opgerig is, is die Italiaanse kunstenaar, Max Papeschi, se interpretasie van die “gruwels” van die Amerikaanse leefstyl.

Die kunswerk is ook een van die stukke wat by ‘n eietydse tentoonstelling te siene is.

Hierdie kuns is ‘n “vorm van geweld teen die sensitiwiteit van talle mense,” het Norbert Napieraj, ‘n lid van die stadsraad, gesê.

Hy het owerhede versoek om die plakkaat te verbied, maar hulle meen dat die plakkaat kuns is en nie die land se wette oortree nie.

Maria Czarnecka, ‘n direkteur van ‘n gallery, sê kuns behoort omstrede en uitlokkend te wees.

игра для дивчатtopcargo отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.