Landdros vaar teen polisie uit

Deel op
Die hooflanddros by die Pretoriase landdroshof het Woensdag uitgevaar teen die polisiebeamptes wat lede van die publiek deursoek het voor ‘n hofsaak.

Dié voorval het plaasgevind voor die hofsaak van die vier polisiebeamptes wat daarvan verdink word dat hulle Maandag ‘n motoris doodgeskiet het.

“Die hof sal besluit neem oor sulke prosedures. Die veiligheid van hierdie hof is onder my toesig,” het ‘n duidelik geïrriteerde hooflanddros Desmond Nair gesê.

Lede van die ANC-jeugliga (ANCYL) se Montana-tak het ook die verrigtinge bygewoon en sommiges het selfs buite die hof betoog.

Die vier verdagtes, kapt. Rosina Mabena, sers. Lillian Tlhapi, sers. Jacobeth Ngobeni en ao. Enoch Makgamatha het glo die 22-jarige Nkosinathi Nkosi in Pretoria doodgeskiet.

Nkosi het na bewering aan die verkeerde kant van Boomstraat gery toe die polisiebeamptes probeer het om hom te keer.

Die lede was in ‘n ongemerkte polisiemotor en die bestuurder het nie sy uniform aangehad nie.

купить воронеж опции и аксессуары (смазочно-заправочное)Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.