Pres. Barack Obama van die VSA het Woensdagaand in ‘n onderhoud met die SABC Suid-Afrika geprys vir die uitkoms van die Wêreldbekersokkertoernooi.
Obama voel dat Suid-Afrikaners oor ‘n “buitengewone lewenskragtigheid” beskik.
“Vanselfsprekend was die toernooi nie net ‘n wonderlike uitstalkas vir Suid-Afrika nie, maar vir Afrika as geheel,” het hy gesê.
Hy het pres. Zuma se trots oor Suid-Afrika uitgesonder as die faktor wat van die toernooi ‘n sukses gemaak het. Obama het die geleentheid gebruik om swart rassetrots te bemark.
Hy meen Suid-Afrika is nie net “‘n nasionale kleinood nie, maar ‘n wêreldskat”.
Hy het die heersende stereotipes oor Afrika aangeval en “vals perspektiewe” oor die kontinent verdoem. Hy het egter geen verklaring aangebied vir die talle mislukkings wat die vasteland steeds oplewer nie.
“Dit is ‘n vasteland wat baie leiers, entrepreneurs en regerings het,” het Obama gesê tydens sy gesprek waarin hy oordrewe klem op die positiewe aspekte van Afrika probeer lê het.
Dat Suid-Afrika se relatief ontwikkelde status in skerp kontras met die res van die kontinent uitstaan danksy wit kundigheid, is gerieflikheidshalwe vergeet.
Die Amerikaanse president het gesê Amerika wil graag saamwerk met dié lande in Afrika wat sonder buitelandse finansiële hulp oor die lang termyn kan funksioneer. Dat Suid-Afrika só ‘n land was vóór 1994, het die Amerikaanse president ook blykbaar ontgaan.
Amerika sal sulke lande van die nodige hulpmiddels voorsien, het hy belowe.
Nelson Mandela is volgens Obama so helder en sjarmant soos altyd, en is steeds ‘n rolmodel vir die hele wêreld. Hy het nie verwys na die verdoemende misdaadtoestand wat die land teister nie sedert Mandela se bewindsoorname nie.
Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, het Suid-Afrika ook geprys en die hoop uitgespreek dat die fokus opnuut op Afrika sal val en dat dit sal lei tot ‘n Afrika-renaissance.
Met sulke hoë verwagtinge sal die vasteland se swart inwoners hul sokkies moet begin optrek.