Gauteng bestee R4m aan sokkerkaartjies

Die provinsie Gauteng het R4 miljoen aan 4613 kaartjies vir die sokkerwêreldbeker bestee, het die premier Nomvula Mokonyane gister laat blyk.

Die besluit om die kaartjies te koop was gegrond op “die behoefte van die regering om stappe te neem om die geleentheid te bied aan inwoners van Gauteng wat nie die kaartjies kan bekostig nie om sekere van die wêreldbekerwedstryde by te woon,” het sy in Johannesburg tydens die provinsie se uitvoerende raadsvergadering gesê.

Meer as 3000 kaartjies is aan skole, weeshuise, spesiale tuistes en amateursportklubs versprei.

“Ons het dié R4 miljoen as ‘n provinsie bestee, nie vir onsself nie en nie vir ons famlilies nie.

Die res van die kaartjies was bestem vir “strategiese vennote”.

“LUR’e (provinsiale ministers) het kaartjies ontvang vir die doel om met die regering se strategiese vennote te netwerk en as gasheer op te tree.”

Mokonyane het die mense van Gauteng geloof vir die sukses van die toernooi. Die provinsie het omtrent 60% van die wedstryde aangebied, waaronder die openings- en sluitingswedstryde.

Die provinsiale regering het die Gauteng-stadstreekobservatorium gevra om die suksesse wat tydens die toernooi behaal is te bestudeer en te bepaal hoe om daarop voort te bou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.