Afrikatroepe neem Franse hoofstad oor

Deel op
Nicolas Sarkozy het Woensdag, 13 Julie in Parys, die dag voor die Franse nasionale vakansiedag, die leiers van 13 Afrika-lande verwelkom om die “sterk bande” tussen Frankryk en sy voormalige Afrika-kolonies te vier. 

‘n Huldeblyk is gehou om ook die vyftigste herdenking van dié lande se onafhanklikheid van Frankryk te vier.

Sarkozy het by ‘n middagete by die Elysee sy besluit om die uitnodiging aan sy tydgenote te rig om hul troepe aan die Bastilledagparade op die Champs-Elysees te laat deelneem, geregverdig. Die Franse staatshoof se besluit het vir heelwat kritiek gesorg.

“Dit is baie verkeerd om te dink dat ek geïnspireer word deur ‘n gevoel van nostalgie vir ‘n tydperk wat ek al meer as een keer as ‘n onreg en ‘n fout uitgewys het,” het hy gesê aan diegene wat sy gebaar beskryf het as “die uitdrukking van ‘n koloniale nostalgie.”

“Die doel van hierdie vergadering […] is die sterk bande wat danksy ons mense se geskiedenis heers. En die krag van hierdie vergadering is om ons toekoms te bou.,” het Nicolas Sarkozy aangedring.

Verskeie NGO’s, het die teenwoordigheid van sekere Afrikatroepe, as synde “misdadigers” en “oortreders van menseregte” gekritiseer, maar die Elysee het dit ten sterkste ontken.

Binne hierdie konteks van die verlede, “skuld” Frankryk die “verhoog wat hulle aan Afrika-lande kan bied,” het Sarkozy gesê.

Onder die uitspraak van die Konstitusionele Raad op 28 Mei, kan die Franse staatshoof die geleentheid gebruik om die pensioen van alle veterane in die buiteland woon, ongeag hul nasionaliteit in ooreenstemming te bring met Franse pensioene.

детские игрушки куклыалександр лобановский харьков класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.