Zim-besetters swig voor Duitse druk

Deel op
Talle ondersteuners van president Robert Mugabe het eiendom wat in ‘n Duitser se besit is, verlaat ná dreigemente dat hulp van Berlyn afgesny gaan word, het ‘n woordvoerder vir die Duitse ambassade Dinsdag gesê. 

Volgens omstanders is dit die eerste keer wat diplomatiese druk teen Mugabe se administrasie suksesvol uitgevoer is sedert hy ‘n revolusionêre grondhervormingsprogram in 2000 geloods het.

Met dié program het hy 4 500 boere en hul families van hul eiendom verwilder en die vernietiging van sy land se landbouafhanklike  ekonomie veroorsaak.

Drie plase, wat deur die Duitser Heinrich von Pezold besit word en wat koffie, tee, vrugte en hout in die Chipinge distrik lewer, is vroeg in Junie deur besetters oorgeneem.

Ten spyte daarvan dat die plase beskerm word deur ‘n dekade-oue bilaterale beleggings-ooreenkoms, het polisie geweier om teen die oortreders op te tree.

Die ambassade het gevolglik ‘n woedende protesnota teen die regering uitgereik en gewaarsku dat ‘n beloofde $20 miljoen (R152 miljoen) subsidie aan die bankrot regering deur die Duitse parlement nie goedgekeur sal word nie.

Dit was die laaste paar dae stil in Zimbabwe, het die woordvoerder vir die ambassade Matthias Schumacher gesê.

Die bendes is elders besig, het hy gesê.

Die blyk ‘n resultaat van die diplomatiese druk te wees.

Vrese dat die bendes met versterkings sal terugkeer en met wraak teen die werkers sal optree het nie gerealiseer nie.

развивающие игры для девочекитопкарго отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.