Kloutjie by die oor

Deel op

Pas is wysigings aan uitkomsgebaseerde onderrig aangekondig, of 19 skole in Noordwes word weens betogings oor dienslewering gesluit. Dit volg nadat van ‘n vyfde skool in enkele weke in dié provinsie vuurgemaak is.

Op aktualiteitsprogramme meld dosente gereeld dat Suid-Afrikaanse studente ‘n agterstand het teen studente wat uit lande soos Zimbabwe en Namibië kom. Reuse-oorbruggingsprogramme verhinder nie grootskaalse druipelinge nie.

Dat wysigings, en selfs die skrapping van uitkomsgerigte onderrig nodig was, is waarskynlik so, maar ‘n groot deel van die kern van die probleem bly skynbaar werksetiek. Daar is goeie en toegewyde onderwysers, maar daar is ander wat skynbaar meen om onderrig te gee behels basies net om elke maand salaris te ontvang.

Die wyse waarop protes aangeteken word, skep egter ‘n bose kringloop. Met volgende jaar se landswye plaaslike regeringsverkiesings onderweg, is daar ‘n traagheid tot ferm optrede, met moontlik die uitsondering gedurende die afgelope wêreldbekertoernooi, skynbaar onder bykans diktatoriale druk van Fifa. Hierdie eietydse besetting is nou iets van die verlede, en die regering moet self sake bestuur.

Presies hoe groot dié uitdaging is, blyk uit die bykans R4 miljard wat dienstegebruikers in die Vrystaat aan hul munisipaliteite skuld. Dié nuus kom te midde van die onthullings dat verskeie Vrystaatse munisipaliteite finale aanmanings van Eskom ontvang het om hul rekenings aan dié kragvoorsiener te betaal.

Dit is voorspelbaar buite die kwessie dat hierdie munisipaliteite basies op die vooraand van die landswye verkiesings nou wanbetalers vir die uitstaande rekenings sal wurg. Wurg sal waarskynlik min oplewer, omdat armoede en die hoë werkloosheidskoers eenvoudig nie sulke bedrae kan oplewer nie.

Die vraag is dus hoe dit moontlik is dat sulke agterstande in die eerste plek kon ontstaan nie. Munisipaliteite word immers uit die staatskas vergoed vir gratis dienste wat aan armlastiges voorsien word. Dit lyk dus of die agterstande ontstaan uit die geledere van mense wat wel die nodige inkomste verdien om te kan betaal. Baie mense maak reeds van voorafbetaalde koepons gebruik. En inwoners wat bloot vergeet om betyds te betaal, sit die volgende dag reeds sonder krag…

Is daar dan ‘n begunstiging? Dat sommige gemeenskappe nie met sanksie getref word nie?

Boonop ruk elektrisiteitsdiefstal deur onder meer onwettige aansluitings veral in Soweto ‘n groot gat in begrotings.

Dit lyk egter of minstens ‘n deel van die probleem aan grypsug toegeskryf kan word. Vanoggend berig Volksblad ook dat die 50 topamptenare van die Mangaung-munisipaliteit saam R50 miljoen aan salarisse verdien. Mangaung word volgende jaar ‘n metro, en dan word die Motheo-distriksmunisipaliteit met sy eie stel hoogsbesoldigde amptenare en amspdraers ingesluit. Boonop was die einste munisipaliteit in die nuus vir rojale kaartjie-aankope vir die pas-afgelope sokker, en ‘n nou reeds berugte ekskursie van senior amptenare na die halfeindstryde en die eindstryd. Dat die sokkerverwante fiasko slegs ‘n druppel aan die emmer teen die groter omvang van die probleem is, is kwalik ter sprake.

Hierdie rojale omgaan met andermansgeld word deur almal, ook die armes wat nie kan betaal nie, asook die wat betaaltraag is of moet boomskraap om op te dok, gesien, en dit stel ‘n baie slegte voorbeeld.

веревка для корабельных снастейлобановский депутат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.