Kunstenaar skok met Auschwitz-video

Deel op
‘n Kunstenaar het ‘n opskudding veroorsaak nadat sy haar pa van 89, ‘n oorlewende van die brandoffer, by Auschwitz verfilm het terwyl hy sing en dans op die maat van die Gloria Gaynor-treffer I Will Survive

Jane Korman, ‘n Joodse kunstenaar van Australië, het drie generasies van haar familie verfilm terwyl hulle ‘n lomp danspassie in die bekende konsentrasiekamp in Pole opvoer op maat van die treffer.

Die groepie probeer tevergeefs tyd hou onder die konsentrasiekampingang waaroor geskryf staan “Arbeit Macht Frei”.

Korman sê die video, wat al meer as 200 000 keer op YouTube gekyk is, is ‘n “viering van die lewe en oorlewing.”

Oorlewendes van die brandoffer is glo erg onthuts deur die video. Hulle beswaar is dat dit nie die miljoene Jode wat gely het, respekteer nie.

бачок дляФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.