Mugabe, Mswati by WB-eindstryd

Deel op
Nagenoeg 14 presidente uit Afrika, ‘n koning, koningin en ‘n prins sal na verwagting Sondag se Wêreldbeker-finaal tussen Spanje en Nederland bywoon, het Fifa Saterdag in ‘n verklaring gesê. 

Die gastelys sal koningin Sofia van Spanje en die uittredende eerste minister van Nederland, Jan Peter Balkenende, insluit wat die twee boonste spanne kom ondersteun.

Robert Mugabe sal ook die geleentheid bywoon. 

Die groot vraag bly steeds of voormalige president Nelson Mandela die finaal sal bywoon nadat hy die openingswedstryd op 11 Junie gemis het as gevolg van die dood van sy 13-jarige agterkleindogter in n motorongeluk.

Sepp Blatter, die president van Fifa, het sy hoop uitgespreek dat Mandela die finaal sal kan bywoon.

Volgens Fifa sal president John Atta Mills van Ghana, die enigste van ses Afrika-lande wat tot by die kwarteindronde deurgedring het, ook by dié laaste wedstryd teenwoordig wees.

Die lys kan nog verander, maar die volgende belangrike persone sal ook na verwagting by die finaal wees: President Robert Mugabe van Zimbabwe, Monaco se prins Albert, Sjeik Hamad bin Khalifa al-Thani van Katar, Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu en Spanje se Wimbledon kampioen, Rafael Nadal.

Koning Mswati van Swaziland sal na verwagting insgelyks teenwoordig wees.

Die Suid-Afrikaanse polisie het gewaarsku dat streng veiligheidsmaatreëls sal geld en paaie op die hoofpad wat na die Soccer City stadion lei, sal Sondagmiddag gesluit wees.

Die wedstryd begin om 20:30.

гидроаккумулятор минсклобановский александр

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.